Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » luister
luister [boodskap #127085] Ma, 15 Julie 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18809
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Seun wat met oorfone na musiek luister.
Seun wat met oorfone na musiek luister.
luister
Afbreking: luis•ter
Uitspraak: /ˈlœistər/




Werkwoord: luister
Verlede tyd: het geluister
Teenwoordige deelwoord: luisterend, luisterende

Betekenis:
• Aandagtig met die ore waarneem; om te hoor en in te neem.
• Doen wat wat vir jou gesê is.

Gebruik:
• Ek luister musiek op die radio. Luister as ek met jou praat!
• Jy moet vir jou ouers luister.

Spreekwoord:
• Hy luister met 'n halwe oor. [Nie aandagtig luister nie.]

Sinoniem:
• hoor

Antoniem:
• praat

Afgelei:
• afluister
• luisteraar
• luisterapparaat
• luisterbaar
• luisterpos
• luistervink

Vertaling:
Engels: to listen; to obey
Nederlands: luisteren


Selfstandige naamwoord: luister
Meervoud:

Betekenis:
• Roem en glans; prag en praal; bekoring.

Gebruik:
• Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. [Psalm 96:6]

Vertaling:
Engels: splendour, lustre, glory
Nederlands: luister

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oom
Volgende onderwerp: verby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 18:28:29 MGT 2024