Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » windpomp
windpomp [boodskap #127080] Ma, 15 Julie 2019 14:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Windpomp wat water vir vee pomp.
'n Windpomp wat water vir vee pomp.
windpomp
Afbreking: wind•pomp
Samestelling: wind (s.nw.) + pomp (ww.)




Selfstandige naamwoord: windpomp
Meervoud: windpompe
Verkleinwoord: windpompie
Meervoud van verkleining: windpompies

Betekenis:
• 'n Tipe windmeul wat water deur middel van windkrag pomp, hetsy vir dreinering, besproeiing of drinkwater.

Gebruik:
• 'n Windpomp bestaan tipies uit 'n boorgat met 'n oorhoofse toring waarop 'n wiel vol lemme (die rotor) gemonteer is.

Spreekwoord:
• Wanneer die volstruis die windpomp invlieg. [As groot ongeluk tref.]
• 'n Windpomp gaan soek nie die wind nie. [Wees geduldig. Wag dat dinge na jou toe kom.]

Vertaling:
Engels: windpump

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blank
Volgende onderwerp: papelellekoors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:47:35 MGT 2024