Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Paul Eilers
Paul Eilers [boodskap #126790] Sa, 29 Junie 2019 07:48
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Paul Eilers (~1945 – 28 Junie 2019) was 'n gevierde Afrikaanse akteur en regisseur. Hy is bekend vir sy TV-rolle in programme soos Sonkring, Vyfster (as Polka) en Die dood van Elmien Adler. Daarnaas het hy in talle rolprente gespeel, soos die rol van At in Dominee Tienie. Voor sy dood het hy veral naam gemaak as die regisseur van rolprente soos Stuur groete aan Mannetjies Roux, Verraaiers en Roepman.

Eilers het in 1963 by die Johan Fourie-toneelgeselskap (teatermaatskappy) aangesluit en vir 3 jaar saam met hulle deur die land getoer. Hy was hulle maatskappy- en verhoogbestuurder, maar het ook as byspeler uitgehelp. Tussen 1963 en 1972 het hy vir al die uitvoerende kunsterade gewerk as verhoogbestuurder, akteur en regisseur. Hy het talle optredes vir KRUIK (Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste) gedoen en was in die jare 1968-1970 een van SUKOVS (Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) se steunpilare.

In 1972 het hy by die Afrikaanse diens van die SAUK in Johannesburg aangesluit. In 1981 word hy 'n radio-aankondiger, TV-akteur en regisseur. Hy was ook die bemarkingsbestuurder van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vanaf 1996. In die vroeë 1990's het hy na die verhoog teruggekeer. So ook in 2005, na 'n afwesigheid van 20 jaar, het hy weereens verhoogwerk gedoen.

Eilers het van 1995 tot met sy dood op Oudtshoorn in die Wes-Kaap gewoon. Op 28 Junie 2019 is sy dood in die plaaslike koerant Die Hoorn aangekondig. Hy was 74 jaar oud en is vermoedelik aan 'n hartaanval (pulmonêre embolisme) oorlede. Hy laat sy vrou, Marina, en 'n seun, Paul (jr.), agter.
Vorige onderwerp: Piet Botha oorlede
Volgende onderwerp: Drosverkragter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:25:55 MGT 2024