Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tande
tande [boodskap #126735] So, 23 Junie 2019 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tande
Tande
tande
Afbreking: tan•de
Uitspraak: /ˈtɑn(d)ə/



Selfstandige naamwoord: tand
Meervoud: tande
Verkleinwoord: tandjie
Meervoud van verkleining: tandjies

Betekenis:
• Meervoud van tand; meer as een tand.

Gebruik:
• Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek.

Spreekwoord:
• Hy eet met lang tande. [Hy eet met teësin.]
• So skaars soos hoendertande. [Onverkrygbaar.]
• Dit sal gebeur as die hoenders tande kry. [Dit sal nooit gebeur nie.]
• Hy sit en tande tel. [Gesê van kinders wat in die geselskap van grootmense onwelkom is.]
• Hy slyp sy tande daarvoor. [Hy maak hom klaar daarvoor; iets by voorbaat geniet.]
• Hy wys sy tande. ['n Dreigende houding inneem.]
• Iemand se tande voel. [Iemand se bekwaamheid of kennis toets.]
• Jy moet hare op jou tande hê. [Baie durf en deursettingsvermoë.]
• Met die mond vol tande staan. [Niks kan sê nie.]
• Met 'n bek vol tande staan. [Nie weet wat om te sê nie.]
• Oumense se tande tel. [Met oopmond sit en luister na grootmense se geselskap.]
• Ek is so oud soos my hande, maar nie so oud soos my tande. [Grappenderwys gesê as iemand wil weet hoe oud 'n persoon is.]

Sinoniem:
• gebit

Verwant:
• tandemuis

Vertaling:
Engels: teeth, cogs
Nederlands: tanden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: somer
Volgende onderwerp: chirurg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 22:10:14 MGT 2024