Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » skielik
skielik [boodskap #126676] Ma, 17 Junie 2019 20:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 6120
Geregistreer: November 2018
Karma: 0
Senior Lid
skielik
Afbreking: skie•lik



Byvoeglike naamwoord: skielik
Vergrotende trap: skieliker
Oortreffende trap: skielikste
Attributief: skielike
Partitief: skieliks

Betekenis:
• Vinnig en onverwags; haastig en sonder waarskuwing; plotseling.

Gebruik:
• Die familie is swaar getref deur die skielike dood van 'n kind.
• Die gebruik van 'n insekdoder veroorsaak 'n skielike verandering in 'n habitat, terwyl 'n nuwe ystydperk stadig en geleidelik in aanvang neem.

Sinoniem:
• meteens

Antoniem:
• geleidelik

Vertaling:
Engels: suddenly
Nederlands: plotseling, snel, schielijk


Bywoord: skielik

Betekenis:
• Vinnig en onverwags.

Gebruik:
• Insekte kan skielik in reuse hoeveelhede voorkom, soos treksprinkane en periodieke sikades.

Vertaling:
Engels: sudden, quick
Nederlands: plotseling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: idioom
Volgende onderwerp: eoliet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 22 05:22:21 UTC 2019