Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aap
aap [boodskap #126672] Ma, 17 Junie 2019 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blouaap met haar kleintjie.
'n Blouaap met haar kleintjie.
aap
Afbreking: aap
Uitspraak: /ɑːp/




Selfstandige naamwoord: aap
Meervoud: ape
Verkleinwoord: apie
Meervoud van verkleining: apies

Betekenis:
• (soogdier) Primaat, 'n vierhandige dier wat aan die mens verwant is.
• (figuurlik) 'n Idioot; deugniet.

Gebruik:
• Omdat 'n aap so baie na 'n mens lyk, hou ons daarvan om na ape in die dieretuin te kyk en miskien hou die ape ook daarvan om na mense te kyk.
• Die ou is 'n regte aap.

Spreekwoord:
• Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. [Mooi klere alleen maak nie die man nie.]
• Die aap kom uit die mou. [Die geheime planne word bekend.]
• Die aap uit die mou laat. [Die geheim verklap.]
• Hy het 'n aap in die mou. [Hy steek skelm streke weg.]
• Dit is soos 'n skeermes in die hand van 'n aap. [Dis onbruikbaar; dien geen doel nie.]
• Dit weet die aap se stert. [Almal weet dit.]
• Ek skrik my 'n aap. [Baie groot skrik.]
• Hier kom die aangeklede aap aan! [Hier kom die bespotlike vent aan.]
• Hy is sommer 'n aap op 'n bokstert. [Hy is 'n onbenullige, onbelangrike persoon.]
• Hy sit daar nes 'n aap op 'n stokkie. [Hy lyk verleë en bedremmeld.]
• Jy hou my vir 'n aap. [Jy spot met my.]
• Kyk, aap het ook 'n stert gekry! [Gesê as iemand hom iets verbeel.]
• So min van iets weet soos 'n aap van godsdiens. [Heeltemal niks weet van 'n saak nie]
• Soos 'n aap in 'n porseleinkas. [Baie onhandig en lomp.]

Afgelei:
• na-aap
• aapagtig
• aapmannetjie
• aapstert
• aapwyfie

Meroniem:
• mensaap

Vertaling:
Engels: monkey, ape, primate
Nederlands aap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: owerspel
Volgende onderwerp: motor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:38:40 MGT 2024