Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » metaal
metaal [boodskap #126669] So, 16 Junie 2019 20:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gietbak met gesmelte metaal.
'n Gietbak met gesmelte metaal.
metaal
Afbreking: me•taal




Selfstandige naamwoord: metaal
Meervoud: metale
Verkleinwoord: metaaltjie
Meervoud van verkleining: metaaltjies

Betekenis:
• 'n Stof soos goud of silwer. 'n Chemiese element wat gekenmerk word deur sy glans en die vermoë om warmte en elektrisiteit te gelei.
• (sterrekunde) 'n Element swaarder as waterstof en helium.

Gebruik:
• 'n Metaal is 'n chemiese element uit een van die volgende reekse in die periodieke tabel van die elemente: Alkalimetale, alkaliaardmetale en oorgangsmetale.
• Die term metaal word in die astronomie in ’n ruimer sin gebruik as in chemie of in die daaglikse taalgebruik.

Antoniem:
• niemetaal

Afgelei:
• alkalimetaal
• edelmetaal
• metaalagtig
• metaaloksied
• swaarmetaal

Vertaling:
Engels: metal
Nederlands: metaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tussenwerpsel
Volgende onderwerp: knie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:45:20 MGT 2024