Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » tussenwerpsel
tussenwerpsel [boodskap #126668] So, 16 Junie 2019 19:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 6035
Geregistreer: November 2018
Karma: 0
Senior Lid
tussenwerpsel
Afbreking: tus•sen•werp•sel
Samestelling: tussen + werpsel
Uitspraak: /ˈtœsənvɛrpsəɫ/




Selfstandige naamwoord: tussenwerpsel
Meervoud: tussenwerpsels
Verkleiningsvorm: tussenwerpseltjie
Meervoud van verkleining: tussenwerpseltjies

Betekenis:
• (grammatika) 'n Uitroep of versugting; woord of frase wat emosie uitdruk.

Gebruik:
• 'n Tussenwerpsel kan gebruik word om emosies soos verskrikking, opgewondenheid of jammerte te beskryf.
• 'n Tussenwerpsel word meesal gevolg deur 'n uitroepteken en staan gewoonlik aan die begin of einde van 'n sin.
• Voorbeelde van tussenwerpsels: Ag tog, Ai, Aikôna, Aitsa, Eina, Foeitog, Hoera, Hiert, Genade, Genugtig, Griet, O, Rêrig, Sjoe en Sjuut!

Sinoniem:
• interjeksie
• ontladingswoord

Afkorting:
• tw.

Vertaling:
Engels: interjection
Nederlands: tussenwerpsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dadelik
Volgende onderwerp: metaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 16 00:09:41 UTC 2019