Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » xenofobie
xenofobie [boodskap #126663] So, 16 Junie 2019 18:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
xenofobie
Afbreking: xeno•fo•bie



Selfstandige naamwoord: xenofobie
Meervoud: xenofobies

Betekenis:
• (politiek) 'n Oordrewe angs vir of haat teen alles en iedereen wat vreemd of buitelands is.

Gebruik:
• In teenstelling met ander fobies lei xenofobie tot afwerende en selfs aggressiewe gedrag, eerder as verminderingsgedrag of vlug.

Sinoniem:
• vreemdelingehaat

Antoniem:
• xenofilie
• xenomanie

Vertaling:
Engels: xenophobia
Nederlands: xenofobie

Nota:
• Van Griekse: 'kseenos/ξενος', wat vreemdeling beteken; en 'fobos/φοβος' wat angs en vrees beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waterbesoedeling
Volgende onderwerp: dunderm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:20:04 MGT 2024