Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rug
rug [boodskap #126656] So, 16 Junie 2019 07:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18784
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Songebrande rug.
'n Songebrande rug.
rug
Afbreking: rug
Uitspraak: /rœx/




Selfstandige naamwoord: rug
Meervoud: rûe (rugge, rûens, ruggens)
Verkleinwoord: ruggie
Meervoud van verkleining: ruggies

Betekenis:
• (anatomie) Agterste deel van die romp van mens of dier wat teenoor bors of buik lê.
• (geologie) 'n Kim, boonste deel van 'n rant of berg.
• Die agterkant van iets.

Gebruik:
• Sy kla van ’n seer rug en stywe nek.
• 'n Argipel of eilandgroep is 'n ketting of tros van eilande wat dikwels langs 'n oseaniese rug of vulkaniese warmkol gevorm is.
• Hy keer die boek op sy rug. Sy dra 'n aandrok met 'n lae rug.

Spreekwoord:
• Dis agter die rug. [Dis verby.]
• Sy praat agter my rug. [Van iemand skinder]
• Agter sy rug iets doen. [Iets doen sodat hy niks daarvan weet nie.]
• Dis is soos hare op 'n hond se rug. ['n Groot menigte.]
• Ek staan met die rug teen die muur. [Daar is geen uitkomkans.]
• Geld groei nie op sy rug nie. [Hy moet hard werk vir sy geld]
• Hy het baie jare agter die rug. [Baie oud.]
• Hy het 'n paar kruisies agter die rug. [Hy is al taamlik bejaard.]
• Hy het sy rug op my gedraai. [Hy wil niks met my te doen hê.]
• Iemand in die rug steek. [Iemand in die geheim benadeel.]
• Krap my rug, dan krap ek joune. [As jy my 'n guns bewys, bewys ek jou weer een.]
• Dis die laaste strooi wat die kameel se rug breek. [Die ding wat die krisis laat ontstaan.]
• Soos water op 'n eend se rug. [Gesê aan iemand wat hom nie aan goedbedoelde raad of kritiek steur nie.]

Sinoniem:
• agterkant

Vertaling:
Engels: back; ridge, hill
Nederlands: rug

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wisselspelling
Volgende onderwerp: foto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 07:58:59 MGT 2024