Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoed
hoed [boodskap #126653] Sa, 15 Junie 2019 20:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoede
Hoede
hoed
Afbreking: hoed
Uitspraak: /ɦut/




Selfstandige naamwoord: hoed
Meervoud: hoede, hoedens
Verkleinwoord: hoedjie
Meervoud van verkleining: hoedjies

Betekenis:
• (kleding) Voorwerp wat 'n mens op sy kop dra.
• (mikologie) Die boonste deel van iets.

Gebruik:
• Die boer sit sy hoed op sy kop.
• 'n Paddastoel bestaan meestal uit 'n hoed en 'n steel.

Spreekwoord:
Hoed oor die oë druk. [Skaam wees.]
• Jou hoed in die lug gooi. [Baie bly wees.]
• Dis 'n veer in sy hoed. [Hy het daardeur naam gemaak.]
• Sy hoed opeet as dit so is. [Heeltemal seker wees van iets.]
• Jy moet eers jou hoed ingooi. [Eers uitvind of jy welkom is.]
• Met jou hoed in die hand na iemand gaan. [Iemand eerbiedig nader.]
• Jou hoed vir iemand afhaal. [Iemand bewonder vir wat hy gedoen het.]
• Jy kan jou hoed agterna gooi. [Hoog in jou skik met die uitslag van iets wees.]
• Met jou hoed in die hand, kom 'n mens deur die ganse land. [Deur beleef te wees, kom 'n mens ver.]

Sinoniem:
• hoofbedekking;
• hoofdeksel
• hooftooisel

Hiponiem:
• breërandhoed
• partytjiehoed
• sonhoed
• strandhoed
• strooihoed
• veldhoed

Afgelei:
• hoedeborsel
• hoederak
• hoedewinkel

Vertaling:
Engels: hat, bonnet
Nederlands: hoed
Venda: muṅadzi, nguwane, murunzi
Xhosa: umnqwazi
Zoeloe: isigqoko, umnqwazo, imbenge, umhanga, umhelane


Werkwoord: hoed
Verlede tyd: het gehoed

Betekenis:
• Om iets te bewaar/ beskerm/ beveilig.

Gebruik:
• Die herder hoed oor sy bokke in die veld.

Afgelei:
• verhoed

Vertaling:
Engels: to keep, look after, tend, watch, guard, protect
Nederlands: hoeden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: arbeid
Volgende onderwerp: omskrywing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:09:07 MGT 2024