Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » arbeid
arbeid [boodskap #126652] Sa, 15 Junie 2019 20:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18803
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
arbeid
Afbreking: ar•beid




Selfstandige naamwoord: arbeid
Meervoud:

Betekenis:
• Harde werk; inspanning om iets te vermag.
• Die resultaat van harde werk.
• (ekonomie) Die primêre produksiefaktor; mannekrag; werkers.
• (fisika) Kwantifisering van werk wat gedoen word; die inspanning wat dit verg om 'n voorwerp te verplaas.

Gebruik:
• Hy het 'n volle dag se arbeid agter die blad.
• Haar arbeid is in 'n oogwink verwoes.
• Dit is moeilik om geskoolde arbeid te bekom.
• Met 'n konstante krag F wat 'n voorwerp oor 'n afstand s in die rigting van die krag verplaas, is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F•s.

Spreekwoord:
• Arbeid adel. [Werk veredel die mens.]
• Arbeid adel; rus roes. [Werk maak van jou 'n beter mens.]

Hiponiem:
• dwangarbeid
• handearbeid
• kinderarbeid
• slawearbeid
• trekarbeid

Afgelei:
• arbeidsbeheer
• arbeidshof
• arbeidsmag
• arbeidsaam
• arbeidsiklus
• arbeidstempo
• arbeidsvermoë
• arbeidsweerstand

Verwant:
• arbei (ww.)
• arbeider

Vertaling:
Engels: work, labour, toil
Nederlands: arbeid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: insek
Volgende onderwerp: hoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 11:14:30 MGT 2024