Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hond
hond [boodskap #126635] Sa, 15 Junie 2019 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Honde
Honde
hond
Afbreking: hond
Uitspraak: /ɦont/




Selfstandige naamwoord: hond
Meervoud: honde
Verkleinwoord: hondjie
Meervoud van verkleining: hondjies

Betekenis:
• 'n Viervoetige troeteldier wat blaf, naverwant aan die wolf (Canis familiaris).
• (figuurlik) Skurk, skobbejak.

Gebruik:
• Die hond jaag die kat.
• Hy het hom soos 'n hond gedra.

Spreekwoord:
• So siek soos 'n hond. [Baie siek.]
Hond se gedagtes kry. [Wantrouig word.]
• Hy eet die hare van die hond. [Hy is babbelas.]
• Die hond in die pot vind. [Te laat kom vir ete.]
• Hy word soos 'n hond behandel. [Baie sleg behandel.]
• Hy lyk soos 'n hond wat vet gesteel het. [Hy lyk sku.]
• Dit is soos hare op 'n hond se rug. ['n Groot menigte.]
• Hy laat geen hond of kat met rus nie. [Almal lastig val.]
• Dit lyk of die hond sy kos afgeneem het. [Hy lyk verleë.]
• Hy is oor die hond se stert. [Oor die ergste moeilikheid wees]
• Hy het nie hond haar-af gemaak nie. [Hy het niks uitgevoer nie.]
• Die hond moet net kan lees en skryf. [Die hond is besonder slim.]
• Soos kat en hond lewe. [In onenigheid lewe; aanhoudend rusie maak.]
• Agter elke hond aanblaf. [Geen eie oordeel hê nie en ander napraat.]
• Elke hond is baas op sy eie werf. [Elkeen voer gesag in sy eie woongebied.]
• Elke hond kry sy dag (en 'n brak kry twee). [Elkeen kry 'n beurt om teenspoed te kry.]
• Vir die kat kwaad wees en die hond skop. [Jou op 'n onskuldige persoon wreek as jy kwaad is.]
• Haastige hond verbrand sy mond (en 'n stadige kat sien sy gat). ['n Mens moenie oorhaastig optree nie.]
• My oupa se hond en sy oupa se hond het saam die aas weggesleep. [Ons is baie verlangs familie.]
• Spaar vir die mond is goed vir die kat en die hond. [Wat jy jouself nie gun nie, ly jy dikwels skade.]
• Liewer 'n lewendige hond as 'n dooie leeu. [Dis beter om versigtiger te wees as om jou aan gevare bloot te stel.]
• As 'n mens 'n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok. [As jy iemand kwaad wil aandoen, kry jy maklik 'n geleentheid.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]

Sinoniem:
• brak
• woef

Hiponiem:
• gidshond
• leihond
• skaaphond
• waghond
• werfhond
• wildehond

Afgelei:
• hondehok
• hondsiek
• hondsleg
• hondlelik

Vertaling:
Engels: dog, puppy
Nederlands: hond
Swazi: inja
Venda: mmbwa
Xhosa: inja
Zoeloe: inja

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: takbok
Volgende onderwerp: aardverwarming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:40:03 MGT 2024