Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barbarossa (Rooibaard)
Barbarossa [boodskap #126364] So, 02 Junie 2019 10:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Goue borsbeeld van keiser Frederik I Barbarossa.
'n Goue borsbeeld van keiser Frederik I Barbarossa.
Barbarossa (1122 – 1190) was die bynaam van Frederik I, 'n Duitse keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Hy is in 1152 gekroon en het tot sy dood in 1190 geheers. Barbarossa beteken "rooi baard" in Italiaans. In Duitsland was hy ook bekend as Kaiser Rotbart, wat die selfde betekenis dra.

Geskiedkundiges beskou hom as een van die grootste middeleeuse keisers. Hy was buitengewoon vaardig op die gebied van organisasie, politiek en op die slagveld. Sy bydraes tot die Sentraal-Europese samelewing en kultuur sluit in die herstel van die Corpus Juris Civilis, of die Romeinse oppergesag van die reg (as teenwig van die pouslike mag oor die Duitse state). Hy is in Klein-Asië oorlede terwyl hy 'n leër in die Derde Kruistog gelei het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barbare
Volgende onderwerp: Skarlakenkoors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 09:20:46 MGT 2024