Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barbare (Barbaar)
Barbare [boodskap #126363] So, 02 Junie 2019 09:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barbare het oorspronklik na onbeskaafde volke verwys. Die benaming is deur die ou Grieke gebruik vir almal wat nie Grieks gepraat het nie en dus vir hulle onverstaanbaar was. Vir die Romeine was dit almal buite die Romeinse Ryk. Vandag word die benaming algemeen ingespan om na ongekunstelde persone ('n barbaar) te verwys.

'n Paar voorbeelde uit die Bybel:

• "En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee." [Esegiël 21:31]

• "Dink tog hieraan: die vyand spot met U, Here, 'n barbaarse volk belaster u Naam." [Psalm 74:18]

• "Kom tog, o God! Laat geld tog u reg. Dink tog daaraan hoe u eer dag vir dag deur barbare geskend word." [Psalm 74:22]

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barbados
Volgende onderwerp: Barbarossa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 20:36:35 MGT 2024