Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bankkoers
Bankkoers [boodskap #126284] Wo, 29 Mei 2019 18:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die bankkoers is die diskontokoers van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (of sentrale banke van ander lande), dit is die koers waarteen hy gewillig is om skatkisbewyse en goedgekeurde handels- en ander wissels te verdiskonteer, m.a.w. tot geld te maak voor die vervaldag teen betaling van ’n sekere rente. Wanneer die handelsbanke bykomende kontant nodig het, kan hulle wissels wat hulle vir kliënte verdiskonteer het, of skatkisbewyse wat hulle gekoop het by die Reserwebank, verdiskonteer. Indien laasgenoemde dit wil ontmoedig, omdat hy wil hê dat die handelsbanke hul kredietskepping beperk, word die bankkoers op ’n hoë peil gestel; indien hy meen dat handelsbanke aangemoedig moet word, word die bankkoers verlaag. Die bankkoers dien ook as aanduiding van die voorwaardes waarop die sakewêreld volgens die mening van die Reserwebank hul diskonteringsfasiliteite behoort te verkry. In die algemeen gee ’n verhoging van die bankkoers uitdrukking aan die mening van die sentrale bank dat die toename in ekonomiese bedrywighede gedemp behoort te word, en ’n verlaging in die bankkoers dat die ekonomiese lewe aangewakker behoort te word. Omdat handelsbanke, finansiële instellinge en ook individue neig om die leiding van die Reserwebank in hierdie verband te aanvaar, word die bankkoers as ’n wapen in die monetêre beleid gebruik.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Banjo
Volgende onderwerp: Banks, sir Joseph
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:48:22 MGT 2024