Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Banaras (Waranasi)
Banaras [boodskap #126205] So, 26 Mei 2019 20:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Banaras aan die Ganges-rivier in Indië.
Banaras aan die Ganges-rivier in Indië.
Banaras (voorheen Waranasi/ Varanasi) is 'n heilige stad van die Hindoes in Indië aan die Ganges. Die stad lê in die noorde van die land in die Indiese staat Uttar Pradesh. Dit is een van die heiligste stede vir Hindoeïsme ter wêreld. Daar is ongeveer 1,700 tempels en ’n groot aantal moskeë en torings. Jaarliks dring ’n miljoen pelgrims saam op die trappe wat na die rivier lei, om in die heilige water te baai. Banaras het ’n groot handel in landelike produkte en is bekend vir juweliersware, systowwe, tjalies, speelgoed, ens., en veral vir koperware.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bamboes
Volgende onderwerp: Band
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:08:11 MGT 2024