Supertaal
Waar ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » reg
reg [boodskap #126121] Do, 23 Mei 2019 19:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 5634
Geregistreer: November 2018
Karma: 0
Senior Lid
reg
Afbreking: reg
Uitspraak: /rɛχ/




Selfstandige naamwoord: reg
Meervoud: regte
Verkleiningsvorm: reggie
Meervoud van verkleining: reggies

Betekenis:
• (juridies) Al die reëls in 'n samelewing wat deur bevoegde owerhede neergelê is om die gedrag van en verhouding tussen regsubjekte te reguleer.
• Geregtigheid; regverdigheid; billikheid.
• Wetlike, sedelike bevoegdheid, voorreg.

Gebruik:
• Volgens die reg mag ek nie hier loop nie, maar ek doen dit tog.
• Wie het jou die reg gegee om my te oordeel.
Reg en geregtigheid moet geskied.

Spreekwoord:
• Die reg moet sy loop neem. [Wat regverdig is, moet gedoen word.]
• Mag gaan bo reg. ['n Sterk mens kan maak wat hy wil.]

Vertaling:
Engels: justice, law, claim, right
Nederlands: recht
Venda: pfanelo, mulayo
Xhosa: ukulunga, okulungileyo, umthetho, ilungelo
Zoeloe: okulungileyo, ukulunga, umthetho, igunya


Byvoeglike naamwoord: reg
Attributief: regte

Betekenis:
• Goed en korrek. Gereed en klaar. Werklik of eg.

Gebruik:
• Nee, dis mos nie reg nie!
• Dis reg, een plus twee is drie.

Spreekwoord:
• Dis so reg in die leeu se bek. [Direk in die gevaar.]
• Geld wat geel is, maak reg wat skeel is. [Met geld kan 'n mens baie dinge regmaak.]
• Geld wat sleg is, maak reg wat krom is. [Geld maak baie knoeiery moontlik.]
• Hy beweeg hemel en aarde om dit reg te kry. [Alles wat moontlik is.]
• Hy is so reg soos 'n roer. [Hy is fiks; doodreg.]

Vertaling:
Engels: straight, rightly, just, true


Bywoord: reg

Betekenis:
• Presies; net. Reguit; in orde. Behoorlik; juis; goed.

Gebruik:
• Jy moet jou taal reg gebruik.
• Hy het reg geraai.
• Sy het 8 uit 10 vrae reg geantwoord.

Vertaling:
Engels: right, correct

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stryd
Volgende onderwerp: sodoende
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 19:08:58 UTC 2019