Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » druk
druk [boodskap #126115] Do, 23 Mei 2019 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
druk
Afbreking: druk
Uitspraak: /drœk/




Selfstandige naamwoord: druk
Meervoud: drukke
Verkleinwoord: drukkie
Meervoud van verkleining: drukkies

Betekenis:
• Iemand omhels of styf met die arms vashou.
• Drukking; die krag wat oor 'n oppervlakte uitgeoefen word.
• Handeling van boeke druk; 'n oplaag.
• Tipe letters wat tydens die drukproses gebruik word.
• Spanning; kommer; las.

Gebruik:
• Die dogtertjie gee vir haar boetie 'n stewige druk.
• Die druk in die kernreaktor is te hoog, dit sal ontplof as ons dit nie onder beheer bring nie.
• Die boek is in sy tweede druk.
• Verander die druk vir die lyn na kursief.
• Ons verkeer onder groot druk om al die aansoeke betyds te verwerk.

Vertaling:
Engels: pressure, hug, print, edition
Nederlands: druk


Werkwoord: druk
Verlede tyd: het gedruk
Teenwoordige deelwoord: drukkende

Betekenis:
• Krag uitoefen op (soos wanneer mens iemand vashou of 'n drie druk).
• Letters onder druk op papier aanbring.

Gebruik:
• Jy moet die knoppie harder druk.
• Ons beplan om meer as 10 miljoen kopieë van die boek te druk.

Spreekwoord:
• Hy druk almanakke. [Hy lieg baie.]
• Hoed oor die oë druk. [Skaam wees]
• 'n Drie in beseringstyd druk. [Op 'n hoërige ouderdom 'n baba verwag.]
• Hy weet waar die skoen hom druk. [Hy weet presies waar die moeilikheid is.]

Vertaling:
Engels: to squeeze, press, pinch, print
Nederlands: druk


Byvoeglike naamwoord: druk
Vergrotende trap: drukker
Oortreffende trap: drukste

Betekenis:
• Baie besig; bedrywig.

Gebruik:
• Vandag gaan 'n druk dag wees.

Vertaling:
Engels: busy, hectic
Nederlands: druk


Bywoord: druk

Betekenis:
• Baie besig; bedrywig.

Gebruik:
• Ons is druk besig.

Vertaling:
Engels: busy, hectic
Nederlands: druk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertel
Volgende onderwerp: seuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:55:30 MGT 2024