Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oppervlakte
oppervlakte [boodskap #126110] Do, 23 Mei 2019 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oppervlakte
Afbreking: op•per•vlak•te



Selfstandige naamwoord: oppervlakte
Meervoud: oppervlaktes
Verkleinwoord: oppervlaktetjie
Meervoud van verkleining: oppervlaktetjies

Betekenis:
• Die omvang of uitgebreidheid van die buitekant, grootte in m².
• Die vlak van iets wat na bo wys.

Gebruik:
• Die oppervlakte van 'n driehoek word bereken deur die basis maal die hoogte deur twee te deel.
• Visse met longe moet na die oppervlakte kom om asem te haal.

Sinoniem:
• area
• oppervlak

Vertaling:
Engels: area, surface
Nederlands: oppervlakte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Amerika
Volgende onderwerp: amptelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:55:40 MGT 2024