Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balju
Balju [boodskap #126100] Wo, 22 Mei 2019 20:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Balju in 'n amptenaar van die hooggeregshof wat sorg vir die diening van lasbriewe en wat sorg dat hofbevele uitgevoer word. ’n Amptenaar met soortgelyke pligte in die landdroshof word ’n geregsbode genoem. 'n Balju verteenwoordig die siviele regstelsel en is nie by kriminele regspleging betrokke nie. In Suid-Afrika hou die Suid-Afrikaanse Baljuraad toesig oor die diens wat verskaf word. Balju's moet ten alle tye menslik optree en volgens die Gedragskode vir Balju's handel. Klagtes kan by die raad se hoofbestuurder aangemeld word.

Die balju hoef egter nie dokumente persoonlik te beteken nie. Dit kan lei tot gevalle waar beslag op eiendom gelê word sonder dat die persoon die hofstukke ontvang het. Die onus is dus op die verbruiker om seker te maak van enige moontlike regsaksie as hy/sy vermoed daar kan dalk so 'n aksie teen hom kan wees.

Tydens beslagleggings kan 'n balju 'n perseel binnegaan, selfs as niemand daar is nie, en indien nodig 'n slotmaker ontbied om toegang te verkry. Hulle kan beslag lê op bates soos voertuie, meubels en ander eiendom en dit verwyder en verkoop om slegte skuld te delg. Hulle kan ook beslag op vaste eiendom lê en dit op 'n veiling verkoop. Noodsaaklike items, soos kos en beddens, beddegoed en klere mag egter nie verwyder word nie. Hulle mag ook nie (onderhewig aan sekere riglyne) gereedskap verwyder wat gebruik word om 'n inkomste te verdien nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bali
Volgende onderwerp: Balkan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:11:34 MGT 2024