Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Afrikaanse voorname
Afrikaanse voorname [boodskap #21249 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21250 is 'n antwoord op boodskap #21251] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message ...
> Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
> Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
> tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?
>
> Simon
>

Liewe Simon,

Kom die naam "Simon" selde voor onder Afrikaners? Wat presies is die
frekwensie van name met 'n Bybelse oorsprong onder Afrikaners?

Simon van Cirene het inderdaad van die vasteland van Afrika gekom. Moses
ook. En Josua en 'n kasarm ander.

Die feit is dat daar, vir so ver die geskrewe geskiedenis gaan, kolonies
Jode, Grieke, Arabiere ens op die die vasteland van Afrika gewoon het.

Daarbenewens is Simon is 'n naam wat reeds in die Ou Testament bekend was.

Dit beteken natuurlik nie dat Simon van Cirene nie 'n swart Afrikaan was
nie. Maar ek dink die meeste Afrikaners sou heel verbaas wees om te verneem
dat hy wel 'n swart Afrikaan was.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21251 is 'n antwoord op boodskap #21250] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerrit de Blaauw  is tans af-lyn  Gerrit de Blaauw
Boodskappe: 38
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> Dit beteken natuurlik nie dat Simon van Cirene nie 'n swart Afrikaan was
> nie. Maar ek dink die meeste Afrikaners sou heel verbaas wees om te verneem
> dat hy wel 'n swart Afrikaan was.

Cyrene was een Griekse kolonie in Libië. Simon van Cyrene zal dus wel
een Griek of een Berber geweest zijn -- geen zwarte Afrikaan.
In de Bijbel komen minstens 8 verschillende Simons voor. Maar de
moderne voornaam Simon zal toch waarschijnlijk teruggaan op Simon Petrus
= Petrus? (Zie b.v. Marcus 3:16.)

--
Gerrit de Blaauw

Mijn hart stond stil, maar mijn Pontiac liep.
- Wim van Est
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21252 is 'n antwoord op boodskap #21249] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gits, ek moet sê die Bybel was nou die laaste plek wat dit my ooit opgeval
het, wat die kleur van 'n persoon was.

(miskien omdat daar nie prentjies by is nie;-))

Jy gooi nou 'n klip in die bos om te sien watter kleur katte daar gaan
uitspring! Ek self beskou dit as 'n baie mooi naam en het al 'n paar Simons
ontmoet.

Dink jy nou regtig dat mense eers 'n intense studie gaan maak oor die
herkoms van 'n naam en wie vantevore so genoem is? Op die minste sal
sommige kyk wat die betekenis van 'n naam is en baie maal hulle nie eens
daaraan steur nie.

Tradisionele Afrikaner-voorname is besig om uit mode te raak, wel al die
afgelope 10, 20 jaar al.

Groete

Shannon

Simon van der Schans wrote in message ...
> Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
> Simon / Simeon van Cyrene in die Bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
> tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?
>
> Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21253 is 'n antwoord op boodskap #21249] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Simon van der Schans wrote in message ...
> Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
> Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
> tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?

Hahahahaha - dis nou 'n goeie een. Tog te lekker gelag, dankie
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21254 is 'n antwoord op boodskap #21249] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Feb 1999 01:15:08 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
|Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
|tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?
|
Ek dink dis veel minder sinister as dit. Ek dink dis net dat die persepsie in
SA bestaan dat Simon 'n Engelse naam is.

...en dalk 'n algemene westerse naam vir swart mans? ek weet nie hoe algemeen
dit daar voorkom nie. Ek ken net een swart Simon in SA. Maar ek dink defnitief
dit is nie aan hom gegee omdat dit swart oorprong uit Afrika het nie. Baie
swart mense het westerse name en ek dink in die verband kom Simon van die
Engelse nameskat.

"Cyrene" is in Afrika??? Waar????
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21255 is 'n antwoord op boodskap #21249] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gerrit de Blaauw wrote in message ...

> Cyrene was een Griekse kolonie in Libië.

Korrek.

> Simon van Cyrene zal dus wel
> een Griek of een Berber geweest zijn -- geen zwarte Afrikaan.

Nie noodwendig korrek nie.

Stede soos Cirene was blykbaar heel kosmopolities, en swart Afrikane was nie
onbekend in die Romeinse Ryk nie. Om die waarheid te sê, daar word vermoed
dat meer as een miljoen van hulle as slawe na verskillende dele van die Ryk
gegaan het.

Groete, Leendert
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21310 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans" wrote:
> Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
> Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
> tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?

Eerstens vermoed ek jy is besig om te trol vir reaksie, maar die rede wat jy
aangee is ietwat lagwekkend.

Ek ken 'n hele paar Simons, en die vroulike vorm, Simoné, is redelik algemeen
voorkomende naam by doters.

Die tradisie om familie name te gee is nog nie heeltemal dood nie, veral vir
seuns, maar daar is 'n neiging om verbuigde vorme te gebruik. In die opsig
moet jy dalk gaan kyk hoe geredelik Simon voorgekom het as stamnaam van
Afrikaner families. Die Genealogie vereniging is gelys by Die Knoop.

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21311 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Feb 1999 01:15:08 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste[/color]
> tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?>>

In fact, ou bees, kom Simon baie in Afrikaans voor.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21366 is 'n antwoord op boodskap #21255] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Feb 1999 23:08:01 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|Wat niemand nog opgetel het nie is dat daar in die bybel ook gepraat word
|van 'n Simeon (in sekere vertalings Simon) "wat Niger genoem word"
|(dieselfde man as Simon van Cyrene?). Of het dit niks te doen gehad met die
|man se velkleur nie, en was dit maar soort van sy van (= achternaam),
|soortgelyk aan die veelvoorkomende Afrikaanse van "Swart". (Wie onthou nog
|die roepkreet uit die 1960's: Ons wil nie 'n president Swart he^ nie; ons
|wil 'n swart president he^).
|
Kyk bietjie by

http://www.khouse.org/blueletter/

'n Bybel Konkordansie en verwysingswerk wat skrik vir niks!!!

Ek kry verwysing na die Simon van Sirene (FA Venter se mooi boek kom in my
gedagte - Man van Sirene, dink ek) in

Mat 27:32 "And as they came out, they found a man of Cyrene, Simon by name: him
they compelled to bear his cross. " - KJV

In die Grieks lyk my, staan die Sirene bekend as Kurenaios. (Strongs # 2956).
Die enigste ander drie verwysings na die Cyrene, is in Handelinge 2, 11 en 13.

In Hfst 2 word daar gepraat van "...in the parts of Libya about Cyrene...".
In Hfst 11 net van manne wat van Siprus en Sirene af gekom het.
In Hfst 13 gee die KJV die volgende: "Now there were in the church that was at
Antioch certain prophets and teachers ; as Barnabas , and Simeon [4826] that
was called Niger [3526], and Lucius of Cyrene [2956], and Manaen ..."

So Simeon is die ou wat ook Niger genoem is en Lucius was van Sirene af....

By dieselfde web bladsye is daar verwysing na Easton's Bible Dictionary, en daar
is 'n baie interesante beskrywing van Cyrene:

Cyrene: a city (now Tripoli) in Upper Libya, North Africa, founded by a colony
of Greeks (B.C. 630). It contained latterly a large number of Jews, who were
introduced into the city by Ptolemy, the son of Lagus, because he thought they
would contribute to the security of the place. They increased in number and
influence; and we are thus prepared for the frequent references to them in
connection with the early history of Christianity. Simon, who bore our Lord's
cross, was a native of this place (Matt. 27:32; Mark 15:21). Jews from Cyrene
were in Jerusalem at Pentecost (Acts 2:10); and Cyrenian Jews had a synagogue
at Jerusalem (6:9). Converts belonging to Cyrene contributed to the formation
of the first Gentile church at Antioch (11:20). Among "the prophets and
teachers" who "ministered to the Lord at Antioch" was Lucius of Cyrene (13:1).

Ek dink wat tog duidelik hieruit kom, is die feit dat Sirene, nou Triploi, se
inboorlinge nie swart soos die inwoners van Nigerië was nie. Ek dink nou
byvoorbeeld oor hoe Qadafi en die mense van Egipte lyk - meer Arabies. Dalk net
donkerder as die Jode.

Die Easton's Bible Dictionary gee verwysing oor Simeon (die een wat ook as Niger
bekend was:

Simeon: hearing.

(1.) The second son of Jacob by Leah (Gen. 29:33). He was associated with Levi
in the terrible act of vengeance against Hamor and the Shechemites (34:25, 26).
He was detained by Joseph in Egypt as a hostage (42:24). His father, when
dying, pronounced a malediction against him (49:5-7). The words in the
Authorized Version (49:6), "they digged down a wall," ought to be, as correctly
rendered in the Revised Version, "they houghed an ox."

(2.) An aged saint who visited the temple when Jesus was being presented before
the Lord, and uttered lofty words of thankgiving and of prophecy (Luke
2:29-35).

(3.) One of the ancestors of Joseph (Luke 3:30).

(4.) Surnamed Niger, i.e., "black," perhaps from his dark complexion, a teacher
of some distinction in the church of Antioch (Acts 13:1-3). It has been
supposed that this was the Simon of Cyrene who bore Christ's cross. Note the
number of nationalities represented in the church at Antioch.

(5.) James (Acts 15:14) thus designates the apostle Peter (q.v.).

Hoop julle vind dit so interesant as wat ek dit gevind het!

Die blou letter Bybel is werklik 'n lekker ontdekkingsmetgesel!
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21367 is 'n antwoord op boodskap #21255] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert Matheuwezen  is tans af-lyn  Norbert Matheuwezen
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Johan (In oortje gehapt!) heeft geschreven in bericht
...
> On Fri, 19 Feb 1999 01:15:08 +0200, "Simon van der Schans"
> wrote:
>
> |Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
> |Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
> |tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?
> |
> Ek dink dis veel minder sinister as dit. Ek dink dis net dat die persepsie in
> SA bestaan dat Simon 'n Engelse naam is.
> [ ... ]
>
> "Cyrene" is in Afrika??? Waar????

(Noord)Oost-Libië ook bekend als Cyrenaica.

Norbert.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21368 is 'n antwoord op boodskap #21255] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Norbert Matheuwezen wrote in message
...
>
> Johan (In oortje gehapt!) heeft geschreven in bericht
> ...
>> On Fri, 19 Feb 1999 01:15:08 +0200, "Simon van der Schans"
>> wrote:
>>
>> |Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
>> |Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
>> |tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?
>> |
>> Ek dink dis veel minder sinister as dit. Ek dink dis net dat die persepsie in
>> SA bestaan dat Simon 'n Engelse naam is.
>>
> [ ... ]
>>
>> "Cyrene" is in Afrika??? Waar????
>
> (Noord)Oost-Libië ook bekend als Cyrenaica.
>
> Norbert.

Jy het 'n bietjie laat wakker geskrik, Norbert! Die geleerde Leendert het
Johan se vraag al beantwoord voordat Johan dit gevra het.

Wat niemand nog opgetel het nie is dat daar in die bybel ook gepraat word
van 'n Simeon (in sekere vertalings Simon) "wat Niger genoem word"
(dieselfde man as Simon van Cyrene?). Of het dit niks te doen gehad met die
man se velkleur nie, en was dit maar soort van sy van (= achternaam),
soortgelyk aan die veelvoorkomende Afrikaanse van "Swart". (Wie onthou nog
die roepkreet uit die 1960's: Ons wil nie 'n president Swart he^ nie; ons
wil 'n swart president he^).

Johan praat van die persepsie in Suid-Afrika dat Simon 'n Engelse naam is.
Dit bewys juis wat ek probeer sê - die naam kom so min voor by Afrikaners
dat dit as vreemd beskou word! Wat ek eintlik bedoel het met "tradisionele"
Afrikaner-voorname is voorname wat van geslag tot geslag oorgedra is en wat
nog kom uit die tyd van die grensboere en later die voortrekkers, toe
waarskynlik die enigste boek waartoe baie van hulle toegang gehad het die ou
"Statenbijbel" was - dus lang voordat daar hoegenaamd enige kontak was met
Engelse.

Ek het jare gelede eenkeer so 'n ou Statenbijbel onder oe" gehad. Wat
opgeval het was die baie verklarende kantaantekeninge. Ek wonder soms of
dit iets te sê gehad het in die kantaantekeninge oor Simeon / Simon "wat
Niger genoem word".

O ja, en voor ek vergeet, dan was daar nog goewerneur Simon van der Stel
gewees wat oor die streep getrap het volgens die siening van diegene wat
gemeen het dat die volk "suiwer" gehou moet word. Nie 'n man waarna jy jou
seun sal vernoem nie.

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21377 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Feb 1999 09:08:34 GMT, oos...@geocities.com wrote:
|Wat my eintlik interesseer is dat ons hier die geboorteproses waarneem van nog
|'n urban legend oor "apartheid" - iemand wat 'n persepsie ontwikkel(dat daar
|"bitter min Simons onder Afrikaners is" - wat is "bitter min"), daar 'n
|"verklaring" voor uit die lug gryp, en binne dae is persepsie en verklaring
|skielik "die feit dat...."
|
|En siedaar: Nog 'n "ikoon".
|
|Nou kan mens duidelik sien hoe sommige van die goed ontstaan wat mense soos
|die liggelowige Kanadese vir soetkoek opvreet en as evangelie verkondig. (G'n
|wonder Gloudina wou nog nooit vrae beantwoord oor wat sy eintlik bedoel met
|"apartheid" nie.)
|
Verbale diaree, of yl Leendert net baie sleg hier??

Kom ons vra dan vir almal hier: Wie ken 'n Afrikaanssprekende met die naam
Simon????
Ons is nou wel nie 'n baie "wetenskaplike mileu" nie, maar ek glo ook glad nie
dit was Simon vd S se idee nie.

Leendert, ons is hier net besig met 'n baie interesante bespreking en nie die
vasstel van die volgende stel waarhede wat die pous oor moet besluit nie. Relax
man, en prat eerder saam - jy hoef nie saam te stem nie, maar probeer net minder
neerhalend en aanvallend te wees. Klim af van jou sarkasme kassie af.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21378 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Feb 1999 02:33:26 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|Terloops, die inspirasie vir my aanvanklike pos oor hierdie onderwerp was
|jou verhaal onlangs op hierdie nuusgroep oor "ou Simon" en die
|marog-plukkers in
|jou ma se tuin. Ek neem aan dat hy nie een van die Engelse Simons was nie,
|maar 'n swart Simon (en ek het so 'n vae suspisie dat jy hom destyds, toe jy
|nog in Suid-Afrika gewoon het, iets anders as 'n "tuinwerker" genoem het).
|
Ja, jy onthou goed, ek het altyd na hom verwys as my "estate manager". Hy is
swart en inherent 'n baie goeie ou. Ook maar goed ek kon hom nie saambring VSA
toe nie, hy sou hier in die winter nie kon tuinmaak onder al die sneeu nie.

|Maar hoe dit ookal sy, ons wyk nou af van die aanvanklike onderwerp. Wat ek
|eintlik probeer vasstel het, en ek het gehoop dat lede van hierdie nuusgroep
|my miskien hierin sou kon help, is of die feit dat daar so bitter-min
|Afrikaner Simons is verklaar kan word deur beelde wat geskep is by mense wat
|niks anders gehad het om te lees as die bybel nie, en wat daarin gelees het
|van 'n Simon wat van Afrika afkomstig was en wat Niger genoem is. Dit gaan
|verder oor die persepsies van daardie stoere boere destyds, wie se enigste
|kennis van Afrika en sy mense dit was wat hulle rondom hulle gesien het. Dit
|gaan nie oor wat 'n mens deesdae soos Johan in 'n japtrap op die Internet
|kan vasstel nie.
|
Ek het hier om my 'n eksperiment gedoen en die volgende vrae vir beide
Afrikaners en Amerikaners gevra:

Noem my iemand uit die Bybel met die naam Simon....

Spontaan was die eerste reaksie sonder uitsondering Simon Petrus.

Die wat wel daarna ook nog ander kon onthou en dan Simon van Sirene gesê het,
het ek dadelik bespring met die vraag: En watter ras was Simon van Sirene:

Meeste het gesê seker maar joods, 'n paar het gesê iewers uit die midde ooste
(arabier tipe) en net een persoon het geweet dat Sirene in Afrika was, maar sy
antwoord was dat Simon iets was soos die Egiptenare, basies weer arabiers.

Dus nie een het eers aan swart gedink nie.

Ek sal vreeslik graag hoor dat ander ouens dieselfde in huylle omgewing doen en
ons laat weet wat die resultate is.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21379 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> Wat my eintlik interesseer is dat ons hier die geboorteproses waarneem van nog
> 'n urban legend oor "apartheid" - iemand wat 'n persepsie ontwikkel(dat daar
> "bitter min Simons onder Afrikaners is" - wat is "bitter min"), daar 'n
> "verklaring" voor uit die lug gryp, en binne dae is persepsie en verklaring
> skielik "die feit dat...."
>
> En siedaar: Nog 'n "ikoon".
>
> Nou kan mens duidelik sien hoe sommige van die goed ontstaan wat mense soos
> die liggelowige Kanadese vir soetkoek opvreet en as evangelie verkondig. (G'n
> wonder Gloudina wou nog nooit vrae beantwoord oor wat sy eintlik bedoel met
> "apartheid" nie.)

Ou Leendert, met sy vinnige en fyn ou
breintjie, verklaar so vinnig dat daar
'n "urban legend" geskep word, net omdat
EEN persoon op die nuusgroep die vraag
vra hoekom daar nie soveel Simons onder
die Afrikaanse name is as Jans en Willems
en Piets nie. (Nogal 'n goeie vraag:
hoekom is daar so baie Jans en Piets?
Veral as jy in ag neem dat baie van die
name wat die San en die Khoi oorgeneem
het toe hulle vir die koloniste begin
werk het, Janne en Piette was. )

Ek stel voor dat die rede is: die Simons
onder ons is hoofsaaklik daar omdat die
Franse Huguenote die naam baie gebruik
het. Ek dink nie dit kom soseer uit die
Bybel nie.

Snaaks genoeg, ek kom gister 'n gedig
teen, in die nuwe uitgawe van "Concept,"
wat my laat wonder of daar 'n urban
legend is dat die Van der Stels van
gemengde bloed was. Ek sou my nie verbaas
as beide Simon en Willem Adriaan van
gemengde bloed was nie. Baie van die
Nederlanders in daardie tyd het periodes
in die Ooste deurgebring. So die vraag
moet eintlik wees: who cares?

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21380 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> ..............
(4.) Surnamed Niger, i.e., "black," perhaps from his dark complexion, a
teacher
> of some distinction in the church of Antioch (Acts 13:1-3). It has been
> supposed that this was the Simon of Cyrene who bore Christ's cross. Note the
> number of nationalities represented in the church at Antioch.
.......................

So ja, nou weet ons almal baie meer van hierdie "Simon wat genoem word
Niger". En so wragtig, dit was toe die man se van gewees! Baie dankie
Johan.

Terloops, die inspirasie vir my aanvanklike pos oor hierdie onderwerp was
jou verhaal onlangs op hierdie nuusgroep oor "ou Simon" en die
marog-plukkers in
jou ma se tuin. Ek neem aan dat hy nie een van die Engelse Simons was nie,
maar 'n swart Simon (en ek het so 'n vae suspisie dat jy hom destyds, toe jy
nog in Suid-Afrika gewoon het, iets anders as 'n "tuinwerker" genoem het).

Maar hoe dit ookal sy, ons wyk nou af van die aanvanklike onderwerp. Wat ek
eintlik probeer vasstel het, en ek het gehoop dat lede van hierdie nuusgroep
my miskien hierin sou kon help, is of die feit dat daar so bitter-min
Afrikaner Simons is verklaar kan word deur beelde wat geskep is by mense wat
niks anders gehad het om te lees as die bybel nie, en wat daarin gelees het
van 'n Simon wat van Afrika afkomstig was en wat Niger genoem is. Dit gaan
verder oor die persepsies van daardie stoere boere destyds, wie se enigste
kennis van Afrika en sy mense dit was wat hulle rondom hulle gesien het. Dit
gaan nie oor wat 'n mens deesdae soos Johan in 'n japtrap op die Internet
kan vasstel nie.

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21381 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Snaaks genoeg, ek kom gister 'n gedig
> teen, in die nuwe uitgawe van "Concept,"
> wat my laat wonder of daar 'n urban
> legend is dat die Van der Stels van
> gemengde bloed was. Ek sou my nie verbaas
> as beide Simon en Willem Adriaan van
> gemengde bloed was nie. Baie van die
> Nederlanders in daardie tyd het periodes
> in die Ooste deurgebring.

Simon van der Stel is op Mauritius gebore, waar sy pa, Adriaan, aan die hoof
van die Kompanie se bedrywighede was. Simon se ma was 'n Oosterse vrou, uit
Batavia, as ek reg onthou. Simon se vrou, Johanna Six, was uit 'n invloedryke
Nederlandse familie.

Dus: Simon was inderdaad 'n halfnaatjie, en WA 'n kwartnaatjie.

> So die vraag
> moet eintlik wees: who cares?

Seems Gloudina cares.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21382 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Feb 1999 14:44:49 GMT, oos...@geocities.com wrote:

|Timoteus is, so ver ek weet, onbekend as Afrikaanse naam.

Nee, ek ken 'n hele paar. Dis dink ek, meer familie gebonde.Hulle staan meesal
as Timo bekend in die alledaagse omgang.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21383 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) skryf:

> Kom ons vra dan vir almal hier: Wie ken 'n Afrikaanssprekende met die naam
> Simon????

Johan,

Ek dink almal wat al hierop reageer het, het aangedui dat hulle iemand ken
met die naam. Wat Simon vd S. ignoreer, is die tradisie van naamgewing onder
Afrikaners. Die frekwensie waarvolgens 'n naam voorkom, hang af in watter
mate daardie naam deur stamvaders gedra is. Dit verklaar die baie Janne,
Piete, ens. waarna Gloudina navraag gedoen het.

Wie op hierdie nuusgroep het al sy stamboom gaan navors? Die wat het, sal
die ander kwelling wat rondom Simon vd Stel ontstaan het, kan beantwoord.
Dit is eenvoudig so dat daar feitlik geen Afrikaanse familie is wat 'skoon'
is in soverre dit rasse vermenging tydens die 17de eeu aan die Kaap aangaan
nie. Daar was net eenvoudig nie genoeg vrouens van Europese herkoms aan die
Kaap nie, en 'n slavin (van Oosterse herkoms) was die enigste keuse teenoor
selebaat bly.

Daar is net een geval bekend van 'n huwelik aan die Kaap tussen 'n Europese
man met 'n Koi-vrou tydens die VOC-tydperk, nl. die van Pieter Meerhof met
Eva. Dit word beskou as 'n politieke huwelik, soos die geval was met
Pocahontas in Noord Amerika.

Dan is daar een baie bekende Afrikaner familie wie se stamvader 'n volbloed
Indiër, Antony van Bengale, was. Wenk: dit word algemeen aanvaar dat Antony
'n kleremaker was, en gevolglik redelik welgesteld moes gewees het.

O, en vir die rekord, my bronne toon aan dat ene Johannes Potgieter in 1712
in die huwelik bevestig is met Clara Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap.

Groete

Henri
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21384 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans"


> O ja, en voor ek vergeet, dan was daar nog goewerneur Simon van der Stel
> gewees wat oor die streep getrap het volgens die siening van diegene wat
> gemeen het dat die volk "suiwer" gehou moet word. Nie 'n man waarna jy jou
> seun sal vernoem nie.
>
> Simon

Wel, in my geskiedenisklasse is Simon van
der Stel altyd voorgehou as 'n goeie en
bekwame administrateur. Dis sy seun
Willem Adriaan van der Stel wat as korrup
aangedui was. Kan jy bietjie uitbrei oor
jou informasie i.v.m. Simon van der Stel?
Die feit dat daar kleurvermenging in die
van der Stels se tyd plaasgevind het, hoef
niemand ook te verbaas nie. Die beleid van
die Hollandse owerhede aan die Kaap in die
tyd van Jan van Riebeeck was juis ten gunste
van vermenging.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21385 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Liewe Simon,
>
> Kom die naam "Simon" selde voor onder Afrikaners? Wat presies is die
> frekwensie van name met 'n Bybelse oorsprong onder Afrikaners?
> Simon van Cirene het inderdaad van die vasteland van Afrika gekom. > Moses ook. En Josua en 'n kasarm ander.
>
> Die feit is dat daar, vir so ver die geskrewe geskiedenis gaan, kolonies
> Jode, Grieke, Arabiere ens op die die vasteland van Afrika gewoon het.
>
> Daarbenewens is Simon is 'n naam wat reeds in die Ou Testament bekend was.
>
> Dit beteken natuurlik nie dat Simon van Cirene nie 'n swart Afrikaan was
> nie. Maar ek dink die meeste Afrikaners sou heel verbaas wees om te >verneem dat hy wel 'n swart Afrikaan was.

Nee Leendert, ek kan jou die versekering gee dat Simon van Cirene wel
'n swartman uit Afrika was. Ek het immers die fliek gesien en glo my,
hy was swart!

Jakes
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21386 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
Jakes wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>> Liewe Simon,
>>
>> Kom die naam "Simon" selde voor onder Afrikaners? Wat presies is die
>> frekwensie van name met 'n Bybelse oorsprong onder Afrikaners?
>> Simon van Cirene het inderdaad van die vasteland van Afrika gekom. > Moses ook. En Josua en 'n kasarm ander.
>>
>> Die feit is dat daar, vir so ver die geskrewe geskiedenis gaan, kolonies
>> Jode, Grieke, Arabiere ens op die die vasteland van Afrika gewoon het.
>>
>> Daarbenewens is Simon is 'n naam wat reeds in die Ou Testament bekend was.
>>
>> Dit beteken natuurlik nie dat Simon van Cirene nie 'n swart Afrikaan was
>> nie. Maar ek dink die meeste Afrikaners sou heel verbaas wees om te
> verneem dat hy wel 'n swart Afrikaan was.
>
> Nee Leendert, ek kan jou die versekering gee dat Simon van Cirene wel
> 'n swartman uit Afrika was. Ek het immers die fliek gesien en glo my,
> hy was swart!
>
> Jakes

Wat my, betref, Jakes, kon hy enige kleur onder die son gewees het.

Maar hoeveel van ons ou voorvaders (wat volgens Simon nie hul kinders die naam
van 'n swartman wou gee nie) het die fliek gesien? :-) :-)

Ek wonder ook: Josef, Benjamin en Ruben is nie onbekende name vir Afrikaners
nie. Maar ek het nog nooit gehoor van een wat Levi heet nie. Of Naftali,
Sebulon, Dan of Aser.

Volgens Simon moet ons ou soek vir aanduidings dat hierdie seuns van Jakob 'n
swart ma gehad het.

Onder Afrikaners het ek nog nooit die naam Gam teëgekom nie, of Sem. Dit sou
pas by Simon se teorie van rassebenaminge, gedagtig aan die mites rondom die
kinder van Noag. Maar dit verklaar nie waarom ek ook nie iemand ken wat Jafet
heet nie.

Timoteus is, so ver ek weet, onbekend as Afrikaanse naam. In Engels, egter, is
"Timothy" algemeen. Moet ons nou glo dat Timoteus ook 'n swarte was?

Jeremia is 'n naam onder Afrikaners, maar Elia is nie. Was Elia ook swart,
Simon?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21387 is 'n antwoord op boodskap #21255] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:

> Wat ek
> eintlik probeer vasstel het, en ek het gehoop dat lede van hierdie nuusgroep
> my miskien hierin sou kon help, is of die feit dat daar so bitter-min
> Afrikaner Simons is

So ver ek kan agterkom is daar nog geen getuienis van so 'n "feit" nie.

Dis net 'n bewering deur Simon van der Schans.

> verklaar kan word deur beelde wat geskep is by mense wat
> niks anders gehad het om te lees as die bybel nie, en wat daarin gelees het
> van 'n Simon wat van Afrika afkomstig was en wat Niger genoem is. Dit gaan
> verder oor die persepsies van daardie stoere boere destyds, wie se enigste
> kennis van Afrika en sy mense dit was wat hulle rondom hulle gesien het. Dit
> gaan nie oor wat 'n mens deesdae soos Johan in 'n japtrap op die Internet
> kan vasstel nie.
>
> Simon

En sulke onopgevoede mense sou sommer weet wat "Niger" beteken?

Wat my eintlik interesseer is dat ons hier die geboorteproses waarneem van nog
'n urban legend oor "apartheid" - iemand wat 'n persepsie ontwikkel(dat daar
"bitter min Simons onder Afrikaners is" - wat is "bitter min"), daar 'n
"verklaring" voor uit die lug gryp, en binne dae is persepsie en verklaring
skielik "die feit dat...."

En siedaar: Nog 'n "ikoon".

Nou kan mens duidelik sien hoe sommige van die goed ontstaan wat mense soos
die liggelowige Kanadese vir soetkoek opvreet en as evangelie verkondig. (G'n
wonder Gloudina wou nog nooit vrae beantwoord oor wat sy eintlik bedoel met
"apartheid" nie.)

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21395 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Vir Gloudina: Ek sien stamvader Johann Ludwig Bauer het in 1736 getrou met
> Cornelia Burger. Hoewel aan jou man se kant, het ek nog altyd vermoed daar is
> fout met die Bouwers. Nou weet ek hoekom!
>
> Daarmee eindig les 1 in Genealogie.

> Henri Burger

So jy bedoel ons twee kan aangetroude
familie wees?

En ja, my man het onlangs uitgevind dat
hulle oorspronklik "Bauer" was, en dat
hulle dit later offisieel na "Bouwer"
verander het. Dink jy die "Bauer" was
Joods? My man spog nou by almal dat hy
Joods is.

Wat sê jou boeke van Rykheer, en van
my ma se voorsate (Rossouw, Fouche.)
My ma is in Robertson gebore.

Kan iemand my vertel hoe om op die Net
na te gaan hoe die kinders van mense wat
vroeg in die eeu na SA ge-emigreer het,
nog nagespoor kan word. Iemand wat ek
ken, se oupa het uit Engeland na Kanada
gekom, maar 'n ander broer het na SA
gegaan, en 'n tante wat nog lewe, het
vir 'n ruk gekorrespondeer met die niggies
en neefs in SA. Nou wil die tante weer
begin navors of sommige van die neefs en
niggies van haar (wat noual taamlik
bejaard moet wees) nog leef, en of hulle
kinders opgespeur kan word. Ek weet nie waar
om te begin nie. Dis mos nie streng
genealogie nie.

Gloudina
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21396 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote
(Nogal 'n goeie vraag:
> hoekom is daar so baie Jans en Piets?
> Veral as jy in ag neem dat baie van die
> name wat die San en die Khoi oorgeneem
> het toe hulle vir die koloniste begin
> werk het, Janne en Piette was. )

Dit is inderdaad 'n baie interessante vraag, en ek is seker dat die
Nederlandse lede van hierdie groep sal kan help. Almal van hulle is
natuurlik goed bekend met Zwarte Piet - die handlanger van Sinterklaas. Was
daar eens die gebruik om 'n swartman "Piet" te noem? Maar miskien sit ek
hier weer die pot heeltemal mis en is daar geen verband tussen die Piette /
Piets uit die tyd van Jan van Riebeeck en Simon van der Stel, en Zwarte Piet
van Sinterklaas nie. Zwarte Piet kom miskien uit 'n latere eeuw - na die
industrie"le rewolusie - as 'n mens kyk na liedjies soos: "Zie, ginds komt
de stoomboot uit Spanje weer aan....."

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21397 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Feb 1999 02:33:26 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|So ja, nou weet ons almal baie meer van hierdie "Simon wat genoem word
|Niger". En so wragtig, dit was toe die man se van gewees! Baie dankie
|Johan.
|
Kyk weer mooi, nie die een wat die kruis gedra het nie....

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21398 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote
(Nogal 'n goeie vraag:
> hoekom is daar so baie Jans en Piets?
> Veral as jy in ag neem dat baie van die
> name wat die San en die Khoi oorgeneem
> het toe hulle vir die koloniste begin
> werk het, Janne en Piette was. )

Dit is inderdaad 'n baie interessante vraag, en ek is seker dat die
Nederlandse lede van hierdie groep sal kan help. Almal van hulle is
natuurlik goed bekend met Zwarte Piet - die handlanger van Sinterklaas. Was
daar eens die gebruik om 'n swartman "Piet" te noem? Maar miskien sit ek
hier weer die pot heeltemal mis en is daar geen verband tussen die Piette /
Piets uit die tyd van Jan van Riebeeck en Simon van der Stel, en Zwarte Piet
van Sinterklaas nie. Zwarte Piet kom miskien uit 'n latere eeuw - na die
industrie"le rewolusie - as 'n mens kyk na liedjies soos: "Zie, ginds komt
de stoomboot uit Spanje weer aan....."

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21399 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Danksy die harde werk van Johan en Henri het ek nou baie meer duidelikheid
oor hierdie onderwerp.

Wat ek nietemin nog baie graag sal wil weet is of die "Statenbijbel" (met
kantaantekeninge) iewers beskikbaar is op die Internet. Miskien kan Johan
hier help.

Wat betref die uitstaande geskil met Leendert oor die frekwensie van die
voornaam Simon onder Afrikaners glo ek dat ons die saak baie maklik kan
skik deur met mekaar saam te stem dat daar net soveel Afrikaner Simons is as
wat daar vroue in die eerste trekker-republieke was wat volle stemreg gehad
het.

Simon
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21400 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JTPOLO  is tans af-lyn  JTPOLO
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
wat van Simon van der Stel? Hy was tog n' Hollander was hy nie?
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21401 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans" skryf:

> Maar hoe dit ookal sy, ons wyk nou af van die aanvanklike onderwerp. Wat ek
> eintlik probeer vasstel het, en ek het gehoop dat lede van hierdie nuusgroep
> my miskien hierin sou kon help, is of die feit dat daar so bitter-min
> Afrikaner Simons is verklaar kan word deur beelde wat geskep is by mense wat
> niks anders gehad het om te lees as die bybel nie, en wat daarin gelees het
> van 'n Simon wat van Afrika afkomstig was en wat Niger genoem is.

En soos ek voorheen vir jou aangedui het, moet jy gaan kyk met watter
frekwensie die naam Simon as stamnaam in SA voorkom. Die huidige frekwensie
behoort daardeur bepaal te word.

Maar om jou die moeite te spaar het ek twee steekproewe gedoen:

1)Ek het in "Geslagsregister van ou Kaapse families" arbitrêr die letter M
gekies. Daar kom 94 families voor. Nie een het Simon as stamnaam nie, maar 64
het Jan/Jean/Johan/Johannes as stamnaam. Volgende op die lys is Hendrik(8), en
Piet/Petrus en Jacob/Jacques/Jacobus met 6 elk.

2)In "Suid-Afrikaanse Geslagsregisters", wat ook latere families van Engelse
herkoms insluit het ek die letter B gekies. Van 882 families is daar 3 met
Simon as stamnaam: Ball, Bayley en Biddulph, almal van Engelse herkoms.

Met die logika wat jy toepas lei ek hieruit af dat in Europa (Engeland
ingesluit) die naam Simon min gebruik was, waarskynlik omdat die Europeërs
geglo het Simon van Sirene was 'n swartman. Dink jy dit is 'n logiese
afleiding?

Dis 'n bekende feit in SA Genealogie dat weinig Afrikaanse families 'skoon' is
wat rasvermenging betref. Dit is 'n eenvoudige feit dat daar te min vroue aan
die Kaap was, en die neem van 'n vrygestelde/vrygekoopte slavin as vrou was al
wat tussen 'n man en selebasie gestaan het. Hierdie slavinne was meestal van
Oosterse herkoms, en daar is net een opgetekende geval van 'n huwelik met 'n
Koi-vrou, die van Johannes Meerhof met Eva. Dit word allerweë as 'n politieke
huwelik beskou, soos die geval was met Pocahontas in Noord Amerika.

'n Paar ander interessanthede:

Een Afrikaner familie se stamvader was die volbloed Indiër, Antonie van
Bengale. Uit sy naam kan 'n mens aflei dat hy 'n kleremaker was, en dus
redelik welgesteld moes gewees het. Sy vrou was Marguerite de Savoye (na wie
die bekende Savoy hotel vernoem is!). Sosiale stand aan die Kaap is nie
destyds soseer deur ras bepaal nie. Rykdom (soos in Antonie se geval) en die
feit of iemand gedoop was, was baie belangrik. Die meeste slawekinders is in
die kerke van die nedersetters gedoop, wat hulle status verhoog het. Die feit
dat sommige Oosterlinge Moslems gebly het, was waarskynlik tot nadeel van
hulle sosiale stand.

Spesiaal vir Johan en Frikkie: Johannes Potgieter is in 1712 getroud met Clara
Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap. (Vd Kaap dui aan dat dit 'n slawekind is
wat aan die Kaap gebore is).

Vir Gloudina: Ek sien stamvader Johann Ludwig Bauer het in 1736 getrou met
Cornelia Burger. Hoewel aan jou man se kant, het ek nog altyd vermoed daar is
fout met die Bouwers. Nou weet ek hoekom!

Daarmee eindig les 1 in Genealogie.

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21402 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> So jy bedoel ons twee kan aangetroude
> familie wees?

Ek ys as ek daaraan dink!

> Dink jy die "Bauer" was
> Joods?

Die bronne sê sy handtekening in sy testament was in Duitse skrif. Arriveer
in 1724 vanaf Kassel as matroos. Soos ons almal weet, was die Jode swak
matrose, soos geïllustreer met Jona, en ook die dissipels. As hulle die water
gevat het, moes jy weet 'n storm gaan opsteek. Dus, Duits.

> Wat sê jou boeke van Rykheer, en van
> my ma se voorsate (Rossouw, Fouche.)

Rykheer: Johan Joachim Riecheheer vanaf Quendlingburg. Arriveer 1735 as
soldaat. Trou met Maria Magdalena Kamerling.

Rossouw: Frederik, oorsprong onbekend, arriveer voor 1685, trou met Johanna
Rosendal.

Fouché: Phillipe, vanaf Sučvres. Arriveer 1688. Trou met Anna Sauchay.

Oor jou ander vraag kan ek nie help nie, want dis veel ingewikkelder om mense
na ongeveer 1840 na te spoor, en nog baie meer so na 1900.

Groete

Henri
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21403 is 'n antwoord op boodskap #21255] Sa, 27 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger skryf

> Spesiaal vir Johan en Frikkie: Johannes Potgieter is in 1712 getroud met Clara
> Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap. (Vd Kaap dui aan dat dit 'n slawekind is
> wat aan die Kaap gebore is).

Johan, net voor jou en Frikkie se harte dalk gaan staan, wil ek net 'n bietjie
meer duidelikheid gee.

Johannes Potgieter het net 3 dogters by Elizabeth gehad. Dis die goeie nuus.
Die slegte nuus is:

1)Hulle is al 3 voor 1712(troudatum) gebore. Ek neem aan haar pa het Johannes
toe met 'n haelgeweer gaan spreek.

2) Toe los hy haar en trou in 1714 met Catharina van Eeden. Seker oor hy 'n
seun gesoek het. En julle ouens praat van FW!

Catharina is 'skoon', maar ek sien haar ouboet Jacobus was twee keer getroud
- eers met Regina vd Kaap, en toe met Regina Jonkers vd Kaap. Ek het nie hoop
vir julle nie!

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21415 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Feb 1999 14:03:18 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:
|Spesiaal vir Johan en Frikkie: Johannes Potgieter is in 1712 getroud met Clara
|Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap. (Vd Kaap dui aan dat dit 'n slawekind is
|wat aan die Kaap gebore is).
|
Wat probeer jy sê, Henri?? Vir Frikkie gaan so iets pla en hy sal dit
moontlik afmaak as propaganda, maar vir my pla dit nie. Dink jy ek is
baie konserwatief....?

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21416 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Feb 1999 20:50:08 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:

|Danksy die harde werk van Johan en Henri het ek nou baie meer duidelikheid
|oor hierdie onderwerp.
|
|Wat ek nietemin nog baie graag sal wil weet is of die "Statenbijbel" (met
|kantaantekeninge) iewers beskikbaar is op die Internet. Miskien kan Johan
|hier help.
|
Soos ek dit het, het elke familie sy eie stateBybel gehad en is die
vermelde kantaantekeninge wat deur elke persoon gemaak word soos hy
die name van die nageslag voor in die Bybel opdateer. Ons familie het
nie een waarvan ek weet nie - ek bedoel nie in my naaste familie nie.

Elke familie se Bybel se aantekening oor die familie stamboom gaan
verskil.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21417 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Feb 1999 22:07:04 +0200, "Henri Burger" wrote:
|O, en vir die rekord, my bronne toon aan dat ene Johannes Potgieter in 1712
|in die huwelik bevestig is met Clara Herbst, dogter van Elizabeth vd Kaap.
|
Ja, ek het ook al van hulle gehoor. Baie sulke gevalle. Wat as
rassevermening sommer vroeg en volledig in die Kaap se geskiedenis kon
gebeur het, dan was ons almal homogene kleurlinge en dan was daar nie
Kleurlinge nie en dan....?!?!?

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21418 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Feb 1999 20:56:56 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:
|Johan, net voor jou en Frikkie se harte dalk gaan staan, wil ek net 'n bietjie
|meer duidelikheid gee.
|
Ek het altyd gesê daar het net drie Potgieters in Sa ingekom, een was
nooit getroud nie en was in elk geval steriel, een was kranksinnig en
die derde het 'n swart vrou gevat.....

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21419 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Dis dus 'n kwessie van
> wie die land "besit" het, en wie nie
> hulle hande op die land sou kry nie,
> behalwe vir die 13% wat nou tradisioneel
> hulle s'n was. En dis 'n probleem waarmee
> SA nou nog sit. Wie het kaart en transport
> van die belangrikste en vrugbaarste dele
> van SA?

Dit is 'n hoogs aanvegbare stelling, Gloudina. Ek kan die vraag omswaai, en
vra wie het die kaart en transport van die mins vrugbare en meer genadelose
gedeeltes in SA. Die Transkei, Noord-Natal, Laeveld van Mpumalanga en
Noordelike Provinsie is alles behalwe onvrugbaar.

Neem ook in ag dat die grootste gedeelte van SA marginale landbougrond is,
menende dat net in uitsonderlike reënjare 'n ordentlike bestaan gemaak kan
word. Daarby moet jy die vraag vra of 'n ekonomie nog op landbou gebaseer
kan word, en winsgewend kan wees.

Die klem het verskuif na vervaardiging en toerisme. Op laasgenoemde gebied
het daar oor die afgelope 20 jaar 'n revolusie plaasgevind. Tradisionele
beesboere het oorgeskakel na wildsboerdery, en met oorsese jagters wat
bereid is om te betaal, oorleef hulle.

Oor vervaardiging wil ek nie veel sê nie, behalwe dat ons glad nie
kompeterend is nie. Die redes daarvoor het ek voorheen genoem, en dit word
erger. Intussen floreer ouens soos vrugte- en wynboere, want hulle voer uit.
Spanje en Portugal voel bedreig deur ons sjerrie en port. Maar hulle skrik
nie vir Afrikaner beeste en boerbokke nie. Nog minder vir Nguni beeste en
tradisionele Afrika bokke.

Mag gaan bepaal word of jy jou kan handhaaf in 'n internasionale ekonomie.
Vra Robert Mugabe. (Ek hoop jy kry die Helen Suzman-stigting oor lg. te
siene - dalk is hy by die Sunday Times se blad op die Web, anders sal ek hom
stuur).

Groete

Henri
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21420 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Feb 1999 15:59:32 GMT, wrote:
| Kan iemand my vertel hoe om op die Net
| na te gaan hoe die kinders van mense wat
| vroeg in die eeu na SA ge-emigreer het,
| nog nagespoor kan word. Iemand wat ek
| ken, se oupa het uit Engeland na Kanada
| gekom, maar 'n ander broer het na SA
| gegaan, en 'n tante wat nog lewe, het
| vir 'n ruk gekorrespondeer met die niggies
| en neefs in SA. Nou wil die tante weer
| begin navors of sommige van die neefs en
| niggies van haar (wat noual taamlik
| bejaard moet wees) nog leef, en of hulle
| kinders opgespeur kan word. Ek weet nie waar
| om te begin nie. Dis mos nie streng
| genealogie nie.
|
Gloudina, skiet 'n skoot in die donker en gee vir ons so veel
inligting as wat jy wil/kan. Ons kan dit as groep aanpak om te sien
of ons die mense kan opspoor.

Ek is nou wel nie in SA nie, maar ek e-mail vir 'n ang lys mense my
gereelde nuus, en wie weet ....!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21421 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Feb 1999 20:51:49 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:
|Dit is inderdaad 'n baie interessante vraag, en ek is seker dat die
|Nederlandse lede van hierdie groep sal kan help. Almal van hulle is
|natuurlik goed bekend met Zwarte Piet - die handlanger van Sinterklaas. Was
|daar eens die gebruik om 'n swartman "Piet" te noem? Maar miskien sit ek
|hier weer die pot heeltemal mis en is daar geen verband tussen die Piette /
|Piets uit die tyd van Jan van Riebeeck en Simon van der Stel, en Zwarte Piet
|van Sinterklaas nie. Zwarte Piet kom miskien uit 'n latere eeuw - na die
|industrie"le rewolusie - as 'n mens kyk na liedjies soos: "Zie, ginds komt
|de stoomboot uit Spanje weer aan....."
|
Interesant is die Engelse naam vir die Zwarte Piet : Gollifrog, waar
sou dit vandaan kom. Ek onthou in elk geval net dat ek as kind dood
bang was vir daardie Gollifrog!!!!!!!!!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaanse voorname [boodskap #21422 is 'n antwoord op boodskap #21255] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> Ek het altyd gesê daar het net drie Potgieters in Sa ingekom, een was
> nooit getroud nie en was in elk geval steriel, een was kranksinnig en
> die derde het 'n swart vrou gevat.....

Hokaai. Die Engelse definieer 'n oujongkêrel as :
"A man with no children to speak of............"

Ook, hoe het Pottie 1 uitgevind hy's steriel ???? Of was dit andere se
verwysing na verstand ????
Hehehe - kon myself net nie keer nie !! Wag met die vlamwerper tot die
tweede week in Maart. Die eerste week gaan gooi ek self vlamme in die
jagveld en sal dus nie die veldbrand hier sien nie.

Kom ons gee Frikkie 'n "sporting chance" - dalk het oorspronklike Pottie
nommer twee 'n helder oomblik beleef......

:-)))
Omie
Vorige onderwerp: Soek na familie oorsprong -Bantjes
Volgende onderwerp: die POTGIETER FAMILIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:23:22 MGT 2024