Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arnold, Thomas
Arnold, Thomas [boodskap #125439] Ma, 22 April 2019 17:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Thomas Arnold deur Thomas Phillips.
Portret van Thomas Arnold deur Thomas Phillips.
Thomas Arnold (1795 - 1842) was 'n Engelse opvoedkundige. Op 33-jarige leeftyd hoof van Rugby, wat hy tot model vir ander Engelse "public schools" in ’n snel veranderende Engeland gemaak het. Voor die tyd was die meer beroemde "public schools" slegs vir die seuns van die adel wat Engeland beheers het. In Arnold se tyd was 'n nuwe klas van ryk nyweraars besig om ’n aaneel in die politieke mag op te eis - vandaar bv. die Reform Act (1832). Arnold het van Rugby ’n skool gemaak waar die seuns van dié nyweraars met die seuns van die ou heersende klasse gemeng het en waar hulle opgevoed is om dieselfde verantwoordelikhede op hulle te neem. Die verhaal hiervan word in Tom Brown's schooldays deur Hughes vertel. Arnold het die behoefte aan karakter sowel as geleerdheid beklemtoon en manlike sport ’n belangrike deel van ’n seun se opvoeding gemaak.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arnold, Matthew
Volgende onderwerp: Arriaga, Juan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:23:53 MGT 2024