Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fraiingstert
Fraiingstert [boodskap #125407] So, 21 April 2019 19:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die vismot is 'n voorbeeld van 'n fraiingstert.
Die vismot is 'n voorbeeld van 'n fraiingstert.
'n Fraiingstert is 'n groep van primitiewe, vleullose insekte in die voormalige orde Thysanura. Die insekte is met fyn silweragtige skubbe bedek. Die liggaam het 11 segmente met 'n fraiingagtige aanhangsels of drade aan die agterkant. Die vismot of silwervissie (Zygentoma) en rotsspringers (Microcoryphia) is voorbeelde van fraiingsterte. Hulle word ongeveer 'n sentimeter lank en ondergaan geen gedaantewisseling nie.

Die orde Thysanura word tans as verouderd beskou en die spesies wat hieraan behoort het is heringedeel. Die naam word egter nog in talle publikasies gevind.
Vorige onderwerp: Armageddon
Volgende onderwerp: Armeniƫ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:20:13 MGT 2024