Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ariosto, Lodovico
Ariosto, Lodovico [boodskap #125367] Sa, 20 April 2019 16:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Ariosto deur Titiaan.
Portret van Ariosto deur Titiaan.
Lodovico Ariosto (1474 - 1533) was 'n Italiaanse digter. Hy het in die klassieke letterkunde gestudeer en daarna Latynse gedigte en dramas geskryf deur die klassieke geïnspireer. Later het hy in Italiaans begin skryf. Sy naam het veral bly lewe deur sy gedig Orlando Furioso (Rasende Roland, 1510) wat in verskillende tale vertaal is. Ander werke van hom is La Cassaria (1512), I Suppositi (1524), Satire (1534). Hy was een van die drie grootste epiese digters van Italië.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ariërs
Volgende onderwerp: Aristides
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 00:36:21 MGT 2024