Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ariërs
Ariërs [boodskap #125366] Sa, 20 April 2019 13:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Ariërs (van Sanskrit āryan: 'nobel', 'rein', 'puur') is 'n ras van wie die huidige bewoners van Indië en Europa afstam. Die Indo-Europese (of Indo-Germaanse) tale is die groep tale van die volke van Ariese herkoms.

Ariërs het ongeveer 5000 jaar gelede in die huidige Iran en omtrek gevestig, en later ook in die noordelike helfte van die Indiese Subkontinent, waar hulle met die Indusvallei-beskawing meng. Darius die Grote (koning van Persië) noem in een van sy inskripsies dat sy dinastie Aries van afkoms is.

Die term is later deur die Nazi's gebruik as 'n rassistiese aanduiding waarop hulle hul rasseleer gebaseer het. Die gebruik van die benaming in die betekenis "nie-Semiete" is egter volkome onjuis.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Argos
Volgende onderwerp: Ariosto, Lodovico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:10:39 MGT 2024