Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anhalt
Anhalt [boodskap #125194] Ma, 25 Maart 2019 06:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Anhalt in 1945.
Anhalt in 1945.
Anhalt was 'n vroeëre Duitse staat; het groot woude; bekend vir sy skeikundige nywerhede; hoofstad, Dessau.

Anhalt ontstaan in die 13e eeu as vorstedom binne die Heilige Roomse Ryk. Anhalt word reëlmatig opgedeel onder die lede van die heersende dinastie. In 1863 word die land weer verenig en kry die die status van hertogdom. Tydens die Novemberrevolusie moes die hertog aftree en word Anhalt 'n vrystaat. In 1945 word dit saamgevoeg met die Pruisiese provinsie Saksen tot die deelstaat Saksen-Anhalt.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Angström
Volgende onderwerp: Anhidride
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:56:35 MGT 2024