Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anakonda (Eunectes murinus)
Anakonda [boodskap #125159] Ma, 18 Maart 2019 07:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Anakonda.
'n Anakonda.
Die Anakonda (Eunectes murinus, ook waterboa, groen- of gewone anaconda genoem) is 'n nie-giftige, Suid-Amerikaanse luislang van tot 5 meter lank. Dit is bruin tot groen met swart kolle oor die hele liggaam. Dit is 'n waterliewende spesie en hou hoofsaaklik in vogtige reënwoude en woudriviere. Hulle vreet allerhande soorte soogdiere, voëls en reptiele, en kan selfs bokke en krokodilspesies oorweldig. Die volwasse anakonda het nie natuurlike vyande nie. Die anakonda is die grootste slang ter wêreld, gemeet volgens gewig. Verskillende soorte luislange (pythons) kan selfs langer word, maar hulle word nooit so swaar nie. Die anakonda is lewendbarend; wanneer die kleintjies gebore word, is hulle reeds 70 sentimeter tot 'n meter lank.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Anacreon
Volgende onderwerp: Anargisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 21:10:02 MGT 2024