Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amritsar
Amritsar [boodskap #125152] So, 17 Maart 2019 07:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sikh-pelgrims by die Goue Tempel.
Sikh-pelgrims by die Goue Tempel.
Amritsar 'n stad in die noordweste van Indië in die gelyknamige distrik, in die deelstaat Panjab (naby die grens met Pakistan). Dit is die heilige stad van die Sikhs wat die Goue Tempel (Harimandir Sahib) daar besoek. Dit is ook 'n belangrike handelsgebied, kasjmir-sjaals word hier vervaardig. By die "bloedbad van Amritsar” (1919) het genl. Dyer op ’n vreedsame volksvergadering losgebrand en 379 mense gedood. In 1984 het die Indiese regering Sikh-militante uit die Goue Tempel verwyder. Tenks en ander militêre wapentuig is ingespan en die tempel is erg beskadig.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amphora
Volgende onderwerp: Amstel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:44:05 MGT 2024