Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lieg
lieg [boodskap #124884] Sa, 02 Maart 2019 19:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lieg
Afbreking: lieg



Werkwoord: lieg
Verlede tyd: het gelieg

Betekenis:
• Sê wat nie die waarheid is nie.

Gebruik:
• Sannie lieg, sy het nie haar huiswerk gedoen nie.
• 'n Persoon wat lieg, is 'n leuenaar.

Spreekwoord:
• Hy lieg blink en bles. [Jok baie erg.]
• Iemand die nek vol lieg. [Iemand deeglik belieg.]
• Hy lieg asof dit gedruk staan. [Leuens baie goed inmekaar vleg.]
• Van hoor en sê, lieg mens veel. [Deur oorvertel word baie onwaarhede verkondig.]
• Liewer bieg as lieg. [Dit doen 'n mens goed om met die waarheid uit te kom as 'n fout begaan is.]

Vergelyking:
Lieg soos 'n tandetrekker.
Lieg soos tien perde skop.
Lieg soos 'n vlieg.

Sinoniem:
• jok

Vertaling:
Engels: to jest, lie, fib
Nederlands: liegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jok
Volgende onderwerp:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:28:56 MGT 2024