Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agamemnon
Agamemnon [boodskap #124831] Wo, 20 Februarie 2019 20:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agamemnon (Grieks: Agamemnoon) was 'n Griekse aanvoerder in die Trojaanse oorlog. Moontlik was daar werklik ’n koning van Micene (Mycenae) met die naam Agamemnon, maar hy is slegs in legendes aan ons bekend. Hy was die seun van koning Atreus van Micene. Hy het 'n broer genaamd Menelaos, en 'n suster, Anaxibia, gehad. Toe Helena, die vrou van Menelaos, deur Paris van Troje ontvoer word, was Agamemnon die bevelvoerder van die Achajers in die daaropvolgende Trojaanse Oorlog. Sien Aeschylus.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Agaat
Volgende onderwerp: Agar-agar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:21:44 MGT 2024