Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom kuier saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Woordeboek (Doel en werkswyse)
Woordeboek [boodskap #124826] Di, 19 Februarie 2019 07:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 11582
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Senior Lid
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die forum dien as soort informele woordeboek wat poog om die opsoek van woorde op die internet te vergemaklik. Dit is egter geen WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) of HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) nie, en behoort ook nooit met sulke gesaghebbende bronne vergelyk te word nie. Dus, gebruik dit op u eie risiko, maar skaf ook maar 'n paar goeie woordeboeke aan, u gaan dit in elke geval nodig kry!

U het waarskynlik opgelet dat die spesifieke forum bestem is vir woordeboekinskrywings en nie vir algemene besprekings oor woordeboeke nie. Mense wat aangemeld het sal nuwe woordinskrywings kan pos en kommentaar op bestaande woordinskrywings kan lewer. U sal egter eers moet registreer. As u bestaande inskrywings wil verbeter (wysig), kan u vra dat die nodige regte aan u toegeken word.

Ons wil by elke woord ook 'n paar klankgrepe van verskillende mense lys, sodat besoekers na die woorde se uitspraak kan luister. Laat asb weet as u met die opname van woorde kan help. Voel ook vry om nuwe woorde te pos en die beskrywing van bestaande woorde te verifieer en verder uit te bou.

Voorgestelde uitleg vir inskrywings:

Die onderstaande sjabloon kan ingevul en gepos word om nuwe woorde op die forum te lys. Etikette soos [b] is BBkode en kan net so gelaat word. As u die inskrywing pos, sal u sien hoe dit vertoon word. Moenie bang wees om foute te maak nie, u kan altyd na die tyd die "wysig"-funksie gebruik om veranderinge aan te bring.


[b]woord[/b]
Afbreking: woord
Samestelling: woord1 + woord2
Uitspraak: /woord/
[[Oudio:woord]]

[hr]
Selfstandige naamwoord: [b]woord[/b]
Meervoud: [b]woorde[/b]
Verkleinwoord: [b]woordjie[/b]
Meervoud van verkleining: [b]woordjies[/b]

Betekenis:
{{.}} ...

Gebruik:
{{.}} ...

Spreekwoord:
{{.}} ... [...]

Sinoniem:
{{.}} ...

Antoniem:
{{.}} ...

Spelfout:
{{.}} ...

Vertaling:
Engels: ...
Nederlands: ...

Nota:
{{.}} ...

{{w}}



Vir ander woordsoorte -

Byvoeglike naamwoord: [b]woord[/b]
Vergrotende trap: [b]-er[/b]
Oortreffende trap: [b]-ste[/b]
Attributief: [b]-e[/b]
Partitief: [b]-s[/b]

Intensief:

Werkwoord: [b]woord[/b]
Verlede tyd: [b]het ge-[/b]
Teenwoordige deelwoord: [b]wees[/b]
Verlede deelwoord: [b]gewees[/b]


Bepaalde lidwoord:
Byvoeglike naamwoord:
Bywoord:
Hooftelwoord:
Onbepaalde lidwoord:
Pleknaam:
Rangtelwoord:
Voegwoord:
Voornaamwoord:
Besitlike voornaamwoord:
Persoonlike voornaamwoord:
Voorsetsel:
Tussenwerpsel:



Ander hofies:

Wisselvorm:
Hiperoniem:
Hiponiem:
Meroniem
Holoniem
Vergelyking:
Verwant:
Vorige onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Aug 03 09:56:27 UTC 2021