Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abdy
Abdy [boodskap #124825] Di, 19 Februarie 2019 07:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abdy is die naam vir groot kloosters, en soms vir die kerke wat vroeër 'n deel was van kloosters, bv. die Westminster-abdy. Dit is die woonplek van die monnike, bestuur deur 'n ab ("geestelike vader"; mv. abte), of van die nonne, bestuur deur ’n abdis ("geestelike moeder"; mv. abdisse). Die kerkterm "ab" kom van die Siries "abbâ", wat 'vader' beteken, en "abdy" is afgelei uit die Middellatyn "abbatia". As die ab se rang hoog genoeg is, mag hy 'n myter dra en 'n kromstaf of herderstaf voer. "Myter" is die hoë, gepunte hoed wat biskoppe en hoë kerklikes by sekere seremoniële geleenthede dra. Die woord is ontleen aan Grieks 'mítra', wat oorspronklik gebruik is vir die seremoniële hoofbedekkings van die Ou-Testamentiese hoëpriesters.

Die Inkamana Abdy in Vryheid (KwaZulu-Natal) is die tuiste van die Benediktyne. Die orde se internasionale afkortingskode is OSB (Latyn: Ordo St. Benedict).

Bron: Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aartappel-drukwerk
Volgende onderwerp: Afslaer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:53:56 MGT 2024