Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afganistan
Afganistan [boodskap #124806] Sa, 16 Februarie 2019 09:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Afganistan, amptelik die Islamitiese Republiek Afghanistan, is 'n land in Sentraal-Asië. Die hoofstad is Kaboel, en twee ander belangrike stede is Herat (beroemd vir sy tapyte) en Kandahar. Dit word begrens deur Pakistan in die suide en ooste, Iran in die weste, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan in die noorde en Sjina in die verre noordooste.

Die land is grotendeels bergagtig (Hindoe Koesj) en met ’n gemiddelde hoogte van 4,000 vt. Die klimaat is droog en vol uiterstes. Bewoon deur ’n gemengde, oor die algemeen vlytige volk; lewer gewoonlik twee oeste jaarliks, bv. koring, gars, lensies, ook rys, giers, ens. Onder die uitvoerprodukte is timmerhout, tapyte, vrugte en karakoelvelle. Motorvervoer is besig om lasdiere langsamerhand te vervang.

Die Britte het met Afganistan in oorlog verkeer (weens Russiese invloed) 1838-42, toe daar ’n bloedbad in die Khaiberpas, ’n smal kloof op plekke slegs 10 vt. breed, plaasgevind het. Daar was ook oorlog in 1879, en sedertdien is daar nog steeds oproerigheid.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Affodil
Volgende onderwerp: Aforisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:00:09 MGT 2024