Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aesopus
Aesopus [boodskap #124804] Sa, 16 Februarie 2019 09:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aesopus (Esopus, Grieks: Aisopos, oorlede 560 v.C.) was volgens die oorlewering lelik en gebreklik. Hy was vermoedelik ’n Griekse slaaf. Daar word vertel dat Croesus, koning van Lidië, hom met ’n opdrag na Delphi gestuur het, waar die geestige mannetjie die mense so vererg het dat hulle hom oor ’n afgrond gegooi het. Dit is twyfelagtig of Aesopus al die verhale geskrywe het wat aan hom toegeskryf word. Die "Fabels van Aesopus” (gewoonlik oor voëls e.a. diere) bevat elkeen ’n sedeles.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aesculapius
Volgende onderwerp: Affodil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:46:53 MGT 2024