Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Administrateur
Administrateur [boodskap #124789] Vr, 15 Februarie 2019 19:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Administrateur was die titel van die hoof van 'n provinsiale regering in Suid-Afrika in die jare 1910 tot 1994. Met die vorming van die drie Huise van die Parlement is die Provinsiale Rade ontbind. Die wetgewende magte van die Provinsiale Rade is toe na die Administrateurs van die provinsies oorgeskuif. In 1994, met die vorming van nege provinsies, is die amp van Administrateur afgeskaf.

Die Zuid Afrika Wet het bepaal: daar moet in elk van die destydse vier provinsies ’n hoof-uitvoerende amptenaar wees, aangestel deur die Goewerneur-Generaal-in-rade, en die administrateur van die provinsie genoem. Alle handelinge in uitvoerende hoedanigheid i.v.m. provinsiale sake het namens hierdie amptenaar geskied. By die aanstelling van ’n administrateur is sover moontlik voorkeur gegee aan iemand wat in die provinsie woon. Administrateurs is vir 5 jaar aangestel en hul salarisse is deur die Parlement voorsien. Toe die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom het, is die amp van administrateur behou. In die destydse artikel 2 van die Mandaat vir S.W.A. (1920) is bepaal dat die gebied as ’n onafskeidelike deel van die Unie van S.A. geadministreer moet word. Ook daar is dus ’n administrateur aangestel as hoof-uitvoerende amptenaar.

Die administrateurs wat in S.A. diens gedoen het is -

Kaapprovinsie:

Sir Frederick de Waal, 1910–1925
Adriaan Fourie, 1926–1929
Johannes Hendrik Conradie, 1929–1939
kapt. Francois Allen Joubert, 1939–1942
Maj. Gideon Brand van Zyl, 1942–1945 (word Goewerneur-generaal van Suid-Afrika)
Philippus Arnoldus Myburgh, 1946–1946
Johan Georg Carinus, 1946–1951
Philippus Jacobus Olivier, 1951–1958
Dr. Josias Hendrik Otto du Plessis, 1958–1960
Nico Malan, 1 Junie 1960 – 31 Mei 1970
Andries Hendrik Vosloo, 1 Junie 1970–1975
Dr. Lapa Munnik, 1975–1979
Gene Louw, 1979–1989
Kobus Meiring, 1989–

Transvaal:

Johan Rissik, 1910–1917
A.G. Robertson, 1917–1924
Jannie Hofmeyr, 1924–1929
J.S. Smit, 1929–1934
S.P. Bekker, 1934–1938
Genl. J.J. Pienaar, 1938–1948
Dr. William Nicol. 1948–1958
F.H. Odendaal, 1958–1966
Sybrand van Niekerk, 1966–1979
Willem Cruywagen, 1979–1987
Danie Hough, 1987–

Natal:

Charles John Smythe, 1910–1918
Sir George Thomas Plowman, K.T., C.M.G., J.P., 1918–1928
Herbert Gordon Watson, I.S.O., 1928–1943
George Heaton Nicholls, P.C., 1943–1944
Douglas Edgar Mitchell, 1944–1948
Denis Gem Shepstone, 1948–1958
Alfred Ernest Trollip, 1958–1961
Theo Gerdener, 1961–1970
Wynand Wilhelm Benjamin Havemann, 1970–1979
Stoffel Botha, 1979–1984
R.M. Cadman, 1984–1990
Con Botha, 1990–

Oranje-Vrystaat:

Alfred Ernest William Ramsbottom, 1910–1915
Christiaan Rudolf de Wet, 1914–1914
Cornelius Hermanus Wessels, 1915–1924
Esaias Reinier Grobler, 1924–1929
Carl Theodorus Muller Wilcocks, 1929–1936
Johannes Buys, 1936–1936 (waarnemend)
Johannes Frederik Janse van Rensburg, 1936–1940
Stephanus Philippus Barnard, 1940–1950
Jacobus "Jim" Johannes Fouché, 1951–1959
Johannes Willem Jacobus Coetzee du Plessis, 1959–1969
Gabriel François van Lingen Froneman, 1969–1974
Abraham Cornelis van Wyk, 1974–1979
Cornelius "Nak" van der Merwe, 1979–1980
Louis Johannes Botha, 1980–1991
Louis van der Watt, 1991–1994

Suidwes-Afrika:

Gysbert Hofmeyr, 1920–1926
Albertus Werth, 1926–1933
David Conradie, 1933–1943
Peter Hoogenhout, 1943–1951
A.J.R. van Rhijn, 1951–1953
Daniel Thomas du Plessis Viljoen, 1953–1963
Wentzel Christoffel du Plessis, 1963–1968
Johannes Gert van der Wath, 1968–1971
Barend van der Walt, 1971–1977

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adler, Alfred
Volgende onderwerp: Adonia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:01:43 MGT 2024