Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Beurtkrag (Blaameer vir Eskom)
Beurtkrag [boodskap #124762] Ma, 11 Februarie 2019 19:01 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 366
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
/fa/84/0/As gevolg van beurtkrag (load shedding) sal mense vanaand weer vroeg kooi toe gaan. Oor 9 maande gaan ons babas met die volgende name kry:

Kers Grobler
Darkness Mapanga
Vroegslaap Jordaan
Blackout Dube
Generator van Zyl
Vlam van Rooyen
Paraffienlamp van Rensburg
Gasoline Smith
Pompie Primus
Sannie Everedy Visser
Flits Botha
Lampie Lampreghts
Kilowatt Koster
Kerswas van As
Donker Jonker
Gaslamp Aukamp
Vuurhoutjie van Vuuren
Spyker van der Merwe
Eskom Kleinbooi
Solar September

... en laaste maar nie die minste nie:
Nagskof van Niekerk!
  • Aanhangsel: kers.jpg
    (Grootte: 16.01KB, 390 kere afgelaai)
Re: Beurtkrag [boodskap #124780 is 'n antwoord op boodskap #124762] Do, 14 Februarie 2019 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 33
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
"Ja, die hele wêreld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van ons generator se knorrrr (getier)..."
Re: Beurtkrag [boodskap #124828 is 'n antwoord op boodskap #124780] Wo, 20 Februarie 2019 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 366
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Voorbladnuus in Die Transvaler van Vrydag, 17 Oktober 1947: Die stad kom tot 'n stilstand weens 'n 35 minuut lange kragonderbreking!

STAD KOM TOT STILSTAND. Absolute verwarring het gister in die Goudstad en voorstede losgebreek toe die elektriese toevoer vir die langste tyd wat dit nog ooit onderbreek was, naamlik 35 minute omstreeks 4.15 nm., afgesny is…

/fa/85/0/
Foto via @DanniTwiet [Daniëlla van Heerden] op Twitter
Re: Beurtkrag [boodskap #124948 is 'n antwoord op boodskap #124828] Sa, 09 Maart 2019 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 33
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
BEURTKRAG:
FASE 1: Steek aan die vuur
FASE 2: Gooi 'n dop
FASE 3: Braai ‘n tjop
...
FASE 10: Eskom kom haal jou vrou, wat jy het gesê sy is die lig in jou lewe.
Re: Beurtkrag [boodskap #125151 is 'n antwoord op boodskap #124948] Sa, 16 Maart 2019 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 366
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Wat het SA voor kerslig gehad?
Antwoord: Elektrisiteit.

Wat is die verskil tussen "e-mail" (e-pos) en gmail?
Antwoord: E-mail word met elektrisiteit gestuur, gmail met 'n generator.
Re: Beurtkrag [boodskap #127483 is 'n antwoord op boodskap #125151] Sa, 17 Augustus 2019 08:18 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 366
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Gatiep verskyn in die hof.
Regter: "Gatiep, wat het jy gesteel?"
Gatiep: "'n Wekkertjie!"
Regter: "En wat is die waarde van die wekkertjie?"
Gatiep: "So R 16 000,00."
Regter: "Genade Gatiep, wat se tipe wekkertjie is soveel werd?"
Gatiep: "'n Kragopwekkertjie."
Vorige onderwerp: Message to E
Volgende onderwerp: Die drankprobleem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 18 05:44:09 UTC 2019