Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Suinige Koos
Suinige Koos [boodskap #124745] Sa, 09 Februarie 2019 19:48
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Oom Koos was baie suinig. En 'n bietjie skelm ook.
Dominee vra 'n bydrae vir die kerk. Oom Koos skryf 'n tjek vir R100 uit.
Dominee kom later, baie verleë, by oom Koos aan en sê die tjek het teruggekom, gemerk "Verwys na trekker (VT)."
Oom Koos sê hy is baie jammer en skryf weer ‘n tjek vir R100 uit.
Dominee bring weer die tjek, weer gemerk "VT."
Oom Koos sê: "Dominee, ek sê jou wat. Ek sal jou nie weer 'n tjek gee nie, ek gee jou drie skape."
"Baie dankie, Broer," sê Dominee.
Oom Koos vat die skape kerkbasaar toe waar die skape opgeveil word.
Oom Koos koop toe sommer self die skape - en betaal per tjek!
Vorige onderwerp: E-pos van anderkant die graf
Volgende onderwerp: Oom Koos gaan tandarts toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:41:29 MGT 2024