Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » E-pos van anderkant die graf
E-pos van anderkant die graf [boodskap #124714] Sa, 02 Februarie 2019 13:56
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Man boek in by 'n hotel in Pretoria. Daar is 'n rekenaar in sy kamer en hy besluit om vir sy vrou 'n e-pos te stuur, maar hy maak 'n tikfout en dit daag by die verkeerde adres op.

Intussen kom 'n weduwee by die huis ná haar man se begrafnis. Sy besluit om haar e-pos te lees, verwagtende dat daar 'n boodskap sal wees van haar familie en vriende van ver af. Sy lees die eerste boodskap, gil en val flou.

Die weduwee se seun storm die kamer binne en nadat hulle haar gelaaf het, beduie sy net na die boodskap op die skerm en word weer flou. Op die skerm lees hy toe die e-pos wat die man van Pretoria geskryf het:

ONDERWERP: Ek is hier liefling! Jy sal seker verbaas wees om van my te hoor. Hier is internet en mens mag boodskappe aan jou geliefdes stuur.

BOODSKAP: Ek het so pas arriveer en is nou net ingeboek.
Ek het ook seker gemaak als is in orde vir jou aankoms oormôre.
Ek sien uit daarna om jou weer te sien, en dis gelukkig binnekort.
Hoop jou reis is ook so rustig soos wat myne was.
Jou verlangende man.

NS. Dis vrek warm hier.
Vorige onderwerp: Van der Merwe en die Kamele
Volgende onderwerp: Suinige Koos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 08:12:46 MGT 2024