Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ongeluk by HS Driehoek eis lewens
Ongeluk by HS Driehoek eis lewens [boodskap #124712] Sa, 02 Februarie 2019 07:55
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Tragedie het gister by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark afgespeel. 'n Brug of oorhoofse loopvlak tussen twee geboue het meegegee en op leerlinge daaronder neergestort. Ten minste drie skoliere het in die voorval omgekom en talle is ernstig beseer. Die skool is tot verdere kennisgewing gesluit. Dis 'n tragiese voorval wat die gemeenskap tot in sy diepste wese geskud het. Ons bid vir die naasbestaandes en familie in hierdie tyd van beproewing.

NS: Die toestand van die loopbrug was blykbaar aangemeld, maar die instandhouding is weens befondsing uitgestel. Dit laat die vraag ontstaan of die skool en/of owerhede geweet het dat die brug onveilig was.

NS2: Die BLF-woordvoerder (Lindsay Maasdorp) se uitsprake skreeu ook teen hemele: "Ek vier die dood van ons vyande, hulle kinders, hul katte en hul honde." Die EFF het soortgelyke uitsprake gemaak en gesê hulle bly is dat net wit kinders dood is. Kan julle dit dit glo!

NS3: Die name van die oorledenes is bekendgemaak: Roydon Olckers (17), Jandré Steyn (13) en Marli Currie (13). Roydon het waarskynlik twee ander kinders se lewens gered deur hulle betyds uit die pad te stamp.

NS4: Die ongeluk het 'n vierde leerder, Marnus Nagel, se lewe geëis. Afriforum het ook aangekondig dat hulle BLF hof toe gaan sleep oor hul onsensitiewe uitlatings.
Vorige onderwerp: Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke
Volgende onderwerp: As leuens wen en onskuldige mense boet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:41:02 MGT 2024