Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Weeskindertjies (Scrophulariaceae)
Weeskindertjies [boodskap #124543] So, 20 Januarie 2019 19:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Weeskindertjies (Scrophulariaceae) is 'n algemene en delikate plant waarvan die blomme in ’n verskeidenheid pastelkleure voorkom. Die leeubekkie-familie het buisvormige blomme wat gewoonlik in twee lippe oopmaak, vier meeldrade en 4/5 kelkblare het. Dit bevat baie wortelparasiete: Hyobanche sanguinea of soetkop is ’n dik, vleesagtige Kaapse parasiet 4 tot 6 duim groot met ’n massa rooi blomme. Harveya is ’n half-parasitiese groep met groot mooi blomme, wit, ligroos of oranje, buisvormig maar wat wyd oopmaak in 5 kroonblare. Laasgenoemde word swart wanneer daaraan geraak word. (Vandaar die naam inkblom vir die wit-variëteit). Dik, gelerige stam met klein blaartjies wat daarteen gedruk is. Soos met baie parasiete is groen afwesig in die plant. ‘Witchwood’ (Striga asiatica), die gif van Zimbabwiese (Rhodesiese) mielielande is ’n slanke, grasagtige plant met klein rooi blommetjies (’n pers variëteit in Natal). Gedeeltelik parasities op graswortels.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Weenen
Volgende onderwerp: Weesmeester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 21:59:22 MGT 2024