Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wauchope, Generaal-majoor Andrew Gilbert
Wauchope, Generaal-majoor Andrew Gilbert [boodskap #124539] So, 20 Januarie 2019 18:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-majoor Andrew Gilbert Wauchope was 'n Britse soldaat. In 1846 in Skotland gebore. In 1860 sluit hy as seekadet by die vloot aan en verkry sy ontslag twee jaar later. Hy sluit by die leër aan en word later bevorder tot Generaal-majoor en word met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in bevel geplaas van die Highland Brigade. Binne ’n paar weke na sy aankoms het hy by Magersfontein gesneuwel. Hoewel hy op die slagveld begrawe is, is ’n monument ter ere van hom opgerig. As gevolg van ’n eienaardige misverstand is dit by Matjiesfontein, honderde myl daarvandaan, opgerig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Waveren
Volgende onderwerp: Way, William Archer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 16:30:06 MGT 2024