Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Watt, Sir Thomas
Watt, Sir Thomas [boodskap #124537] So, 20 Januarie 2019 18:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Thomas Watt was 'n Suid-Afrikaanse politikus. In 1857 in Shawlands naby Glasgow, Skotland, gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Glasgow en word prokureur. In 1884 kom hy na Natal en vestig hom op Dundee. Nadat hy in die Tweede Vryheidsoorlog geveg het, word hy verkies tot die Natalse Parlement en word Minister van Justisie en Onderwys, en ’n lid van die Nasionale Konvensie. Na Uniewording word hy Minister van Poswese en van Publieke Werke. As Minister van Gesondheid, Binnelandse Sake en Spoorweë werk hy tot 1924 onder Botha en Smuts. Hy is in 1947 op 90-jarige ouderdom oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Waterval Onder
Volgende onderwerp: Waveren
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:53:08 MGT 2024