Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Waterval Boven (Waterval Bo)
Waterval Boven [boodskap #124535] So, 20 Januarie 2019 18:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Waterval Boven (ook bekend as Waterval Bo) is 'n spoorwegdorp in Oos-Transvaal op die spoorlyn na Lourenco Marques. Omstreeks 1894 tydens die bou van die spoorlyn gestig en so genoem vanweë die skilderagtige waterval daar naby. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is dit deur die Boere gebruik as ’n krygsgevangenekamp. Hier was vroeër die enigste tandratspoor in Suid-Afrika vanweë ’n steil helling, maar deur die spoorlyn te verlê, is dit uitgeskakel. ’n Monument is daar opgerig ter ere van die mense wat aan koors gesterf het tydens die bou van die spoorlyn. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,329 (2,380 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Waterston, Dr. Jane Elizabeth
Volgende onderwerp: Waterval Onder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 15:45:44 MGT 2024