Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » My Land, Suid-Afrika
My Land, Suid-Afrika [boodskap #122319] Di, 18 Desember 2018 14:44
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
MY LAND, SUID-AFRIKA

Suid-Afrika, o land so ruim en vry;
jy is die land deur God gegee aan my;
jou het ek lief! Verkeer my land in nood,
trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood.

Suid-Afrika, o land van son en veld;
jy is gekoop deur bloed van meenge held.
Dierbaar die grond waar helde rus tot nou;
hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou.

Suid-Afrika, die land waar God regeer.
Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer;
gee ons die moed vir dit wat ons moet dra.
Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika!

Woorde: ANDRIES WASSERMAN; gewysig: G.G. CILLIÉ
Musiek: GEORGE W. WARREN, 1892
Vorige onderwerp: Die Gelofte
Volgende onderwerp: Enigste SA Kerslied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 23:13:33 MGT 2024