Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » I.C.U.
I.C.U. [boodskap #122246] Ma, 17 Desember 2018 08:44 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
I.C.U. is 'n afkorting vir 'Industrial and Commercial Workers Union', oorspronklik 'n organisasie vir Bantoe-arbeiders in 1919 deur Clements Kadalie in Kaapstad gestig. Sy doelstellings was om 'vir die Bantoewerker dieselfde te doen as wat die Suid-Afrikaanse Vakbondkongres vir die blanke doen'. Dit het met 24 lede begin, maar gou dwarsdeur die land versprei en teen 1924 meer as 100,000 lede gehad. Sy vernaamste organiseerder was Allison Wessel George Champion. Die I.C.U. was by die Internasionale Vakbondkongres in Amsterdam geaffilieer, en het in die buiteland so hoog aangeskrewe gestaan dat Kadalie in 1927 'n amptelike besoek aan Brittanje gebring het om die vakbondwese daar te bestudeer. Die gevolg was dat 'n beroepsorganiseerder, mnr. (later senator) W.G. Ballinger van Skotland af uitgebring is. Teen dié tyd het daar tweespalt ontstaan en sowel Kadalie as Champion het onafhanklike bewegings gestig. Die I.C.U. het geleidelik gedisintegreer en, afgesien van die Natalse tak, na 1930 heeltemal verdwyn.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: I.C.U. [boodskap #124963 is 'n antwoord op boodskap #122246] So, 10 Maart 2019 08:58 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Moet nie met die Engelse ICU (intensive care unit) verwar word nie.
ICU is Afrikaans is waakeenheid / hoësorg / intensief / intensiewe sorg.
"My ouma is in intensief opgeneem".
"Sy is vanoggend uit die hoësorg-eenheid ontslaan."
Vorige onderwerp: Alkali
Volgende onderwerp: Alkmaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:15:26 MGT 2024