Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Helderberg-Kollege
Helderberg-Kollege [boodskap #122126] Sa, 15 Desember 2018 19:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Helderberg-Kollege is 'n opvoedkundige inrigting naby Somerset-Wes, Kaapland. Beheer deur die Sewende Dag Adventiste Kerk en die eerste in sy soort buite Amerika. Begin as die Claremont Union College in Claremont, Kaapstad. In 1918 is dit vervang deur die Suid-Afrikaanse Opleidingskool, 18 myl van Ladysmith, Natal. In 1922 herdoop na Spioenkop. Drie jaar later word dit 'n Bantoesending-opleidingskool en die blanke inrigting is na sy huidige terrein verskuif. Sowat 100 van sy 400 acres word bewerk. Die kollege bied praktiese opleiding in die handel en die landbou asook die gewone skoolvakke.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hektaar
Volgende onderwerp: Helpmekaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:29:03 MGT 2024