Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hektaar
Hektaar [boodskap #122125] Sa, 15 Desember 2018 19:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n hektaar.
Voorstelling van 'n hektaar.
'n Hektaar is 'n metrieke meeteenheid van oppervlakte (grondoppervlaktemaat). Dit is gelyk aan 10,000 vierkante meter, wat veral gebruik word om grondgebied te meet. Een hektaar is gelyk aan 2,471 akker (acre) of 1,1657 morg.

"Hektaar" kom van die Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid aar. 'n Hektaar is 100 are of 'n vierkante hektometer. Die aar was die basiseenheid vir oppervlakte en was een van die oorspronklike vyf eenhede van die metrieke stelsel wat in 1795 deur die Franse opgestel is. Sien ook Aar.

In die media word 'n hektaar soms met die grootte van 'n sokker- of 'n rugbyveld vergelyk. 'n Rugbyveld het 'n lengte van 100 m en 'n breedte van 70 m, wat dus heelwat kleiner as 'n hektaar is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Heksrivier
Volgende onderwerp: Helderberg-Kollege
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 17:44:09 MGT 2024