Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Havenga, Nicolaas Christiaan
Havenga, Nicolaas Christiaan [boodskap #122116] Sa, 15 Desember 2018 19:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Nicolaas Christiaan Havenga was 'n Kabinetslid. In 1882 op Fauresmith, O.V.S. gebore. Studeer aan die Grey-Kollege, Bloemfontein, en sluit op 17 jarige ouderdom by die Boeremagte aan as sekretaris vir generaal J.B.M. Hertzog tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is gewond en het sy hele lewe aan die nadraai van die wond gely. Na die Vrede van Vereeniging word hy 'n prokureur op Fauresmith en in 1910 word hy lid van die eerste Vrystaatse Provinsiale Raad. Uit die staanspoor steun hy generaal Hertzog in die Nasionale Party en in 1915 word hy parlementslid. Met generaal Hertzog se bewindsaanvaarding in 1924 word hy Minister van Finansies - 'n amp wat hy 15 jaar lank beklee tot die bedanking van die Hertzog-bewind in 1939. Hy word leier van die Afrikanerparty. Toe die party in 1948 by die Nasionale Party aansluit, word hy weer Minister van Finansies tot 1953. Oorlede in 1957.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Havelock, Sir Arthur Elibank
Volgende onderwerp: Hawston
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 10:44:43 MGT 2024