Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hatborn, Kenneth Howard
Hatborn, Kenneth Howard [boodskap #122111] Sa, 15 Desember 2018 18:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kenneth Howard Hatborn was 'n regter van die Natalse regbank. Op 2 Junie 1849 in Salford, Engeland, gebore. Kom na Natal saam met sy ouers in 1850 en besoek die Pietermaritzburg High School. In 1871 word hy toegelaat as prokureur en in 1877 as advokaat. Van 1901 tot 1906 verteenwoordig hy Pietermaritzburg in die Natalse parlement. In 1901 is hy tot die Inner Temple toegelaat en op 28 Mei 1910 word hy Natalse regter. Tree af in 1926 en is in Maart 1933 in Pietermaritzburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hartwater
Volgende onderwerp: Hatfield
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 21:53:45 MGT 2024